Florida
Florida is 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan hoofsaaklik uit 'n skiereiland, wat in die weste deur die Golf van Meksiko en in die ooste deur die Atlantiese Oseaan begrens word. Florida het 'n warm, vogtige subtropiese klimaat en steun veral op toerisme. Sy hoofstad is Tallahassee en sy grootste stede is Jacksonville en Miami.
Deelstaat Florida | |||||
| |||||
Bynaam(e): Sunshine State | |||||
Amptelike taal(e) | Engels | ||||
Gesproke taal(e) | Engels 60,5%, Spaans 25,8%, en Chinees 2,6% | ||||
Hoofstad | Tallahassee | ||||
Grootste stad | Jacksonville | ||||
Area | 22ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 170 304 km2 | ||||
- Wydte | 260 km | ||||
- Lengte | 800 km | ||||
- Water | 30 634 km2 | ||||
- % water | 17,9 % | ||||
- Breedtegraad | 24°30'N tot 31°0'N | ||||
- Lengtegraad | 79°48'W tot 87°38'W | ||||
Bevolking | 4de in die V.S. | ||||
- Totaal | 18 801 310 | ||||
- Digtheid | 110,4/km2 8ste in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Britton Hill 105 m | ||||
- Gemiddeld | 30 m | ||||
- Laagste punt | Atlantiese Oseaan seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 3 Maart 1845 (27ste) | ||||
Goewerneur | Ron DeSantis (R) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Jeannette Núñez (R) | ||||
Wetgewer | Florida Wetgewer | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Marco Rubio (R) Nick Scott (R) | ||||
Tydsone | UTC-6 / Somertyd UTC-5 | ||||
Afkortings | FL US-FL | ||||
Webblad | www.myflorida.com | ||||
Die gebied is deur die Spaanse seevaarder Juan Ponce de León vernoem, wat op 2 April 1513 by St. Augustine voet aan land gesit het, en sy oorspronklike Spaanse naam, Pascua Florida (letterlik "Bloemryke Paasfees"), verwys na hierdie datum in die Paasseisoen. Na die deelstaat se 21,5 miljoen bewoners word in Engels as Floridians verwys.
Eksterne skakels
- Toerisme
- Visit Florida Geargiveer 16 Julie 2020 op Wayback Machine
- Geskiedenis
- The Florida Historical Society[dooie skakel]
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.