Flogiston

Die flogiston-teorie is 'n verouderde wetenskaplike hipotese wat gepostuleer het dat alle brandbare materiale 'n element genaamd flogiston moet bevat, wat maak dat dit kan ontvlam.

Antoine Lavoisier, wat die flogiston-teorie weerlĂȘ het.

Die teorie is deur die Duitser Georg Ernst Stahl (1660-1734) ontwikkel. Volgens sy teorie moet alle brandbare materiale flogiston bevat. Dit sou 'n kleurlose, geurlose, smaaklose en gewiglose stof wees wat hitte dra. Die proses van verbranding sou dan hierdie stof vrystel.

Die teorie is uiteindelik deur Antoine Lavoisier met behulp van die wet van behoud van massa weerlĂȘ.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.