Filum
'n Filum, of ook stam, is 'n woord wat gebruik word in die wetenskaplike klassifikasiestelsel om alle lewendige wesens te klassifiseer. Die oorspronklik Griekse woord (φῦλον, phulon, stam) is aangepas van die familiegroepgebaseerde phylai, Griekse stemgroepe in destydse stadstate. Die filum verteenwoordig die hoogste groepering van organismes. Dit word egter wel soms voorafgegaan deur superfilums.
Daar is ongeveer 35 filums, waarvan nege die oorgrote meerderheid spesies bevat. Talle filums kom uitsluitlik in seewater voor, en net een filum kom glad nie in die wêreld se oseane voor nie: die Onychophora of fluweelwurms. Die bekendste dierefilums is die weekdiere, stekelselliges, platwurms, rondewurms, gesegmenteerde wurms, geleedpotiges, en spinaalkoordiges, die filum waaraan die mens behoort.
Lys van dierefilums
Filum | Betekenis | Volksnaam | Onderskeidende kenmerke | Spesies bekend |
Acanthocephala | Doringkoppe | Doringkopwurms | Omdopbare stekelrige steeksnuit | ongeveer 850 |
Acoelomorpha | Sonder derms | — | Geen mond of spysverteringskanaal | |
Annelida | Ringetjies | Gesegmenteerde wurms | Veelvuldige sirkelvormige segmente | ongeveer 15 000 |
Arthropoda | Gelede pote | Geleedpotiges | Chitieneksoskelet | meer as 1 134 000 |
Brachiopoda | Armpotiges | Lampskulpe | Langgerekte strukture of "arms" | tussen 300 en 500 nog bestaande |
Bryozoa | Mosdiere | Mosdiere, seematte | Lofofoor, geen stingeltjie, vangarms met trilhare | ongeveer 5 000 lewende spesies |
Chaetognatha | Langharige kake | Pylwurms | Chitienagtige stekels aan weerskante van die kop, vinne | ongeveer 100 spesies nog bestaande |
Chordata | Rugkoorde | Diere met rugkoorde | 'n Hol dorsale senukoord | meer as 63 000 |
Cnidaria | Stekelselliges | Holtediere | Nematosiste | ongeveer 10 000 |
Ctenophora | Kamdraers | Kamjellies | Agt "gekamde rye" van saamgesmelte trilhare | ongeveer 100 huidige spesies |
Cycliophora | Wieldraendes | Simbiont | Sirkelvormige mond omring deur klein trilhare | ten minste 3 |
Echinodermata | Stekelrige velle | — | Vyfvoudige radiale simmetrie, mesodermale versteende stekels | ongeveer 7 000 spesies wat nog bestaan |
Echiura | Stekelsterte | Lepelwurms | 'n Stel hoeke aan die agterent | ongeveer 140 |
Entoprocta | Anus aan die binnekant | Bekerwurm | Anus aan die binnekant van 'n ring trilhare | ongeveer 150 |
Gastrotricha | Harige mae | Meiofauna | Twee terminale kleefbuise | ongeveer 450 |
Gnathostomulida | Kaakopenings | Kaakwurms | ||
Hemichordata | Halwe koorde | Akkerwurms | 'n Stomokoord in 'n boordjie | ongeveer 100 lewende spesies |
Kinorhyncha | Beweeglike snoete | Modderdrake | Elf segmente, elk met 'n dorsale plaat | ongeveer 150 |
Loricifera | Borsrokdraers | Borselkoppe | Sambreelagtige skubbe aan elke ent | ongeveer 21 |
Micrognathozoa | Klein kaakdiere | — | Konsertina-agtige uitstootbare borskas | 1 |
Mollusca | Dun doppe | Weekdiere | Gespierde voet en 'n mantel rondom die dop | ongeveer 70 000 |
Myxozoa | Slymdiere | — | Polêre kapsules wat soos nematosiste lyk | ten minste 12 000 |
Nematoda | Garingagtiges | Rondewurms | 'n Ronde kruisdeursnit, keratienvliesie | 80 000 tot 1 miljoen |
Nematomorpha | Garingagtige vorms | Perdehaarwurms | ongeveer 320 | |
Nemertea | Seenimfe | Striklintwurms | ongeveer 1 200 | |
Onychophora | Kloudraers | Fluweelwurms | Chitienagtige kloue aan die punt van die pote | ongeveer 110 wat nog bestaan |
Orthonectida | Reguit swemmers | ongeveer 20 | ||
Phoronida | Uit die mitologie: 'n meisie genaamd Io op wie Zeus verlief was | Perdeskoenwurms | 'n U-vormige spysverteringstelsel | 20 |
Placozoa | Buisdiere | 1 | ||
Platyhelminthes | Platwurms | Platwurms | ongeveer 25 000 | |
Porifera | Porie-draers | Sponse | 'n Geperforeerde binnewand | meer as 5 000 |
Priapulida | Peniswurms | Peniswurms | Terugtrekbare snoet omring deur papille | 17 |
Rhombozoa | Ruitvormige diere | — | 'n Enkele aksiale sel omring deur trilhaarselle | 75 |
Rotifera | Wieldraers | Radardiertjies | 'n Skynbuikholte | ongeveer 2 000 |
Sipuncula | Klein buisies | Grondboontjiewurms | 'n Mond omring deur omkeerbare gryparms | 144-320 |
Tardigrada | Stadige stappers | Waterbere | 'n Liggaam en kop in vier segmente | ongeveer 750 |
Xenoturbellida | Vreemde platwurms | — | Trilhaaragtige deuterostoom | 2 |
TOTAAL | 1 375 000+ |
Lys van die belangrikste protistafilums
Filum | Betekenis | Volksnaam | Onderskeidende kenmerke |
Rhodophyta | Rooi plante | Rooi alge | Alge sonder selle, met 'n sweephaar |
Chromista | Gekleurdes | Geen | Alge met bladgroen |
Alveolates | Klein holtetjies | Geen | Ooreenkomste binne dié filum is geneties |
Excavates | Uitgrawers | Geen | Ooreenkomste binne dié filum is geneties |
Rhizaria | Van wortels | Geen | Ameboiede met skynvoete |
Amoebozoa | Veranderende diere | Ameboiede | Beweeg deur die vloei van sitoplasma |
Choanozoa | Tregterdiere | Geen | 'n Sweephaar omring deur mikrovilli |
Talle ander minder belangrike filums binne die protista is nie hier gelys nie |
Lys van plantafdelings
Afdeling | Betekenis | Volksnaam | Onderskeidende kenmerke |
Anthophyta | Blomplante | Plante wat blom | Maak blomme en vrugte |
Bryophyta | Mosplante | Mos en kruie | Diploiede spore, sonder 'n vaatsisteem |
Pteridophyta | Varingplante | Varings | Diploiede spore en 'n vaatsisteem |
Pinophyta | Gom/pikplante | Kegeldraende plante | Keëls met sade |
Sphenophyta | Wigplante | Perdesterte | Fotosintetiese, hol, gelede en gerifde stingels |
Cycadophyta | Palmplante | Broodbome | Sade, met 'n kroon van saamgestelde blare |
Ginkgophyta | Ginkgoplante | Ginkgo, Venushaarvaring | Sade nie deur vrugte beskerm nie |
Gnetophyta | Geen | Gnetofiete | Sade en 'n houtagtige vaatsisteem |
Lys van swamfilums
Filum | Betekenis | Volksnaam | Onderskeidende kenmerke | Spesies bekend |
Chytridiomycota | Potjiesampioene | Skynskimmels | Sellulose in die selwande, sweephaargamete | ongeveer 900[1] |
Deuteromycota | Tweede sampioene | Onperfekte swamme | Plant slegs aseksueel voort | ongeveer 17 000[2] |
Zygomycota | Eiergeelsampioene | Zigomisete | Dit meng gametangia om 'n zigosporangium te vorm | ongeveer 900[3] |
Glomeromycota | Balsampioene | Geen | Vorm swamwortels met plante | ongeveer 200[4] |
Ascomycota | Wynsaksampioene | Sakswamme | Maak spore in 'n spoorsakkie | ongeveer 32 000[1] |
Basidiomycota | Basidiumsampioen | Geen | Maak spore van 'n 'basidium' | ongeveer 30 000[5] |
Verwysings
- Webster, J. en Weber, R. 2007. Introduction to fungi. pp.127-164.
- https://cals.arizona.edu/classes/plp427L/lab12.html
- James, Timothy Y. and Kerry O'Donnell. 2007. Zygomycota. Microscopic 'Pin' or 'Sugar' Molds. Version 13 July 2007 (under construction). http://tolweb.org/Zygomycota/20518/2007.07.13 in The Tree of Life Web Project, http://tolweb.org/
- Sarah C. Watkinson, Lynne Boddy, Nicholas Money. The Fungi. Derde uitgawe. Academic Press; 2005. https://search.ebscohost.com/login.aspx?direct=true&AuthType=sso&db=nlebk&AN=485511&site=eds-live&scope=site
- http://tolweb.org/tree?group=Basidiomycota&contgroup=Fungi
Notas
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |