Filotheou-klooster
Die Filotheou-klooster (Grieks: Μονή Φιλοθέου) is ’n Oosters-Ortodokse klooster in die noordoostelike deel van Berg Athos in Griekeland. Dit is 12de in rang van die skiereiland se kloosters en is toegewy aan die stigter, Filotheus. Daar is tans sowat 60 monnike.
Die klooster is aan die einde van die 10de eeu gestig. Die biblioteek bevat 250 manuskripte en sowat 2 500 gedrukte boeke, waarvan ’n groot deel in Russies en Roemeens is.
Eksterne skakels
- Filotheou op Berg Athos se webtuiste Geargiveer 11 Maart 2016 op Wayback Machine
- Griekse departement van kultuur: Filotheou Geargiveer 2 Maart 2007 op Wayback Machine
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.