Filantroop
'n Filantroop (Grieks: ὁ φιλος (Ho filos) + ὁ ὰντροπος (Ho antropos); Afrikaanse vertaling: "mensevriend") is 'n weldoener wat sy persoonlike tyd, geld en goedere aanwend om ander mense te help. Sommige filantrope doen dit deur 'n testament na te laat, terwyl ander dit doen terwyl hulle nog lewe. Mense wat Wikipedia opdateer en sodoende kennis in hulle moedertaal aan ander beskikbaar stel, kan as filantrope gesien word. Ander filantropiese dade sluit in: hulpverlening tydens noodsituasies, skenkings (geld, kos en goeder) aan behoeftiges, opruimaksies (soos die skoonmaak van riviere), ens.
Bekende filantrope
'n Paar bekende filantrope, ter illustrasie:
- Anton Rupert (1916–2006), bring stigtings tot stand vir die bevordering van onderwys, kuns, musiek en die bewaring van historiese geboue.
- Hans Merensky (1871–1952), het sy rykdom gebruik om sy geboorteland te ontwikkel.
- Jannie Marais (1851–1915), 'n kampvegter vir Afrikaans wat o.a. die stigting van die Universiteit van Stellenbosch moontlik gemaak het.
- Raymond Ackerman
Verdere leesstof
- Suid-Afrikaners help ander so stil-stil, Beeld, 13 Maart 2007.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Filantroop.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir filantroop.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.