Fermilab
Fermilab is 'n Amerikaanse nasionale ondersoeksentrum wat spesialiseer in hoë energie fisika. Dit is in 1967 naby Chicago opgerig. Die sentrum is na die wetenskaplike Enrico Fermi vernoem.
Fermilab word beskou as Amerika se teenvoeter vir die Europese CERN. Die Tevatron-partikelversneller is deel van Fermilab. In die Tevatron-ring word protone op antiprotone geskiet met 'n energie van 1,96 TeV (1 TeV elektronvolt). Die botsings in die Tevatron-ring word deur twee partikeldetektors gemeet, D0 en CDF. Naas hierdie twee word daar ook ander eksperimente by Fermilab uitgevoer.
Trivia
Die planetoïde 11998 Fermilab is na Fermilab vernoem.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Fermilab. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.