Ferdinand I
Ferdinand I, die jonger broer van keiser Karel V, is in 1503 in Spanje gebore. In 1521 het hy die Oostenrykse deel van sy broer se ryk van hom ontvang, asook die magtiging om tydens die afwesigheid van die Keiser as president van die regering van Duitsland op te tree. Na die abdikasie van Karel V het hy in 1561 keiser geword. Hy is die stamvader van die sg. jonger Duitse of Oostenrykse lyn van die Habsburgers.
Bronnelys
- KENNIS, 1980, ISBN 0798108266, bl. 813
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ferdinand I.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.