Felis
Felis is ’n genus van katte in die familie Felidae. Dit sluit die bekende huiskat en sy naaste wilde verwante in. Die wilde spesies kom wydverspreid in Europa, Suid- en Sentraal-Asië en Afrika voor; die huiskat word wêreldwyd aangetref.
Felis | |
---|---|
Die wildekat, Felis silvestris | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Felis |
Spesie: | F. chaus F. margarita F. nigripes F. silvestris F. attica F. lunensis F. catus |
Lede van die genus Felis is almal klein katte wat min of meer soos die huiskat lyk. Die kleinste is die woestynkat van sowat 40 cm lank en die grootste die moeraskat van sowat 94 cm. Hulle kom in ’n verskeidenheid habitats voor, van moerasse tot woestyne, en leef gewoonlik van klein knaagdiere, voëls en ander klein diere, na gelang van hul omgewing.
Genetiese studies het getoon dat die genus Felis sowat agt tot tien miljoen jaar gelede ontstaan het, waarskynlik in die Mediterreense streek.[1]
Spesies en subspesies
Daar word tans gereken dat die genus uit vyf bestaande katte bestaan; die Sjinese bergkat word sedert 2007 beskou as 'n subspesie van F. silvestris. Die huiskat word ook soms onder F. silvestris gereken.
- F. chaus – moeraskat
- F. c. affinis – Himalaja-streek
- F. c. kutas – Noord-Pakistan
- F. c. furax – Israel en Irak
- F. c. nilotica – Nylvallei in Egipte
- F. c. fulvidina – Suidoos-Asië: Thailand, Mianmar, Laos, Kambodja en Viëtnam
- F. c. maimanah – noordwestelike dele van Jordanië, Oos-Irak, Iran, Libanon, Sirië en Turkye
- F. c. prateri – Wes-Indië en Oos-Pakistan
- F. c. kelaarti – Sri Lanka
- F. c. oxiana – Sentraal-Asië
- F. margarita – woestynkat
- F. m. margarita – Noord-Afrika, van Algerië tot Arabië
- F. m. airensis – Niger
- F. m. harrisoni – Arabiese Skiereiland
- F. m. meinertzhageni – Sahara
- F. m. thinobia – Kaspiese See-gebied (Iran, Turkmenistan)
- F. m. scheffeli – Pakistan
- F. nigripes – klein gekolde kat
- F. n. nigripes — Botswana, Namibië en noordelike dele van Suid-Afrika
- F. n. thomasi — suidoostelike dele van Suid-Afrika
- F. silvestris – wildekat
- F. s. silvestris – Europese wildekat
- F. s. lybica – Afrika-wildekat of "vaalboskat"
- F. s. ornata – Asiatiese wildekat
- F. s. cafra – Suider-Afrikaanse wildekat
- F. s. bieti – Sjinese bergkat
- F. catus – huiskat
- F. attica – uitgesterf
- F. lunensis – uitgesterf
Verwysings
- Pecon-Slattery, J. and O'Brien, S.J. (1998). "Patterns of Y and X chromosome DNA sequence divergence during the Felidae radiation". Genetics. 148 (3): 1245–1255. PMC 1460026. PMID 9539439.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Wikimedia Commons bevat media in verband met Felis. |