Federale Distrik Noord-Kaukasus
Die Federale Distrik Noord-Kaukasus (Russies: Се́веро-Кавка́зский федера́льный о́круг, Sewero-Kafkazski federalni okroeg) is een van die agt federale distrikte van Rusland. Dit is geleë in die verre suidweste van die land, in die Noord-Kaukasus. Dit het op 19 Januarie 2010 uit die Suidelike Federale Distrik ontstaan.
Federale Distrik Noord-Kaukasus Северо-Кавказский | ||||
Die ligging van die Federale Distrik Noord-Kaukasus. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Deelgebiede | 7 | |||
Stigting | 19 Januarie 2010 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Pjatigorsk | |||
Leier | Aleksander Chloponin | |||
Amp | Presidensiële afgevaardigde | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 9 428 826 | |||
Volgorde | 7de | |||
Digtheid | 55/km2 | |||
Stedelik | 49,2% | |||
Plattelands | 50,8% | |||
|
Die sewe federale deelgebiede van die distrik het altesaam 9 428 826 inwoners (volgens die 2010-sensus),[1] wat in ’n gebied van 170 700 km2 woon. Die huidige presidensiële afgevaardigde is Aleksander Chloponin.
Demografie
Sowat ’n derde van die bevolking is etniese Russe (2 854 040 of 30,26%), volgens die 2010-sensus. Die verskeidenheid ander etniese groepe is hoofsaaklik Moslems en dit maak die Noord-Kaukasus die enigste federale distrik met ’n meerderheid Moslems.
Federale deelgebiede
Die kaart en sleutel is in alfabetiese volgorde volgens die Russiese name | |||||
---|---|---|---|---|---|
# | Vlag | Federale gebied | Grootte in km2 |
Bevolking 2010-sensus |
Hoofstad |
1 | Dagestan | 50 300 | 2 910 249 | Machatsjkala | |
2 | Ingoesjetië | 3 750 | 412 520 | Magas | |
3 | Kabardino-Balkarië | 12 500 | 859 939 | Naltsjik | |
4 | Karatsjai-Tsjerkessië | 14 100 | 477 859 | Tsjerkessk | |
5 | Noord-Ossetië-Alanië | 8 000 | 712 980 | Wladikafkaz | |
6 | Stawropol-krai | 66 500 | 2 786 281 | Stawropol | |
7 | Tsjetsjnië | 12 300 | 1 268 989 | Grozni |
Eksterne skakels
- SKFO.RU – streeksinligting Geargiveer 31 Julie 2013 op Wayback Machine
- Noord-Kaukasiese nuusportaal Geargiveer 3 Junie 2019 op Wayback Machine
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia