Fatih-moskee

Die Fatih-moskee (Turks: Fatih Camii) is ’n Ottomaanse keiserlike moskee in die Fatih-distrik van Istanboel, Turkye. Dit is een van die beste voorbeelde van Turks-Islamitiese argitektuur in die stad en verteenwoordig ’n belangrike stadium in die ontwikkeling van klassieke Turkse argitektuur.

Fatih-moskee
Die Fatih-moskee in Istanboel.
Die Fatih-moskee in Istanboel.
Ligging Istanboel, Turkye
Voltooi 1771 (herbou ná aardbewing)
Argitek(te ) Atik Sinan, Mimar Mehmet Tahir
Spesifikasies 
Minaret(te) 2
Koepeldeursnee 26 m
Materiale graniet, marmer
Styl Ottomaans

Geskiedenis

Die moskee is van 1463 tot 1471 gebou in opdrag van Mehmet II die Veroweraar op die terrein van die voormalige Bisantynse Kerk van die Heilige Apostels wat gesloop is om die moskee te bou.

Die oorspronklike moskee is erg beskadig in die 1509-aardbewing en dit is toe gerestoureer. Dit is egter weer in 1557 en 1754 in aardbewings beskadig en weer gerestoureer. Op 22 Mei 1766 is dit heeltemal verwoes in ’n aardbewing toe die hoofkoepel ingestort en die mure onherstelbaar beskadig is. Die huidige moskee, wat op ’n heeltemal ander plan geskoei is, is 1771 voltooi onder sultan Mustafa III.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Fatih Mosque, Istanbul

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.