Faan se trein
Faan se Trein is ’n 2014-rolprent gebaseer op die verhoogstukke, Faan se Trein en Faan se Stasie, deur Pieter Fourie. Dit speel af in die laat vyftigerjare en gaan oor ’n eenvoudige middeljarige man op ’n klein Karoodorpie wat nooit verby die onskuld en eenvoud van ’n jong kind ontwikkel het nie. Wanneer sy pa sterf, los hy al sy besittings om tussen Faan en die kerk verdeel te word. Onmiddellik verskeur gierigheid die gemeenskap… totdat liefde hulle weer tot hulle sinne bring.
Faan se Trein | |
---|---|
Regisseur | Koos Roets |
Produksieleier | Vervaardiger: Helena Spring |
Draaiboek | Draaiboek: Pieter Fourie, Koos Roets |
Met | Willie Esterhuizen Deon Lotz Anel Alexander Marius Weyers Nicola Hanekom |
Kinematografie | Amelia Henning |
Redigeerder | Nicholas Costaras |
Ateljee | Helena Spring |
Verspreider | Ster-Kinekor Entertainment |
Uitgereik | Januarie 2014 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Begroting | R3 miljoen (geraam) |
IMDb-profiel |
Die rolprent is gebaseer op die gelyknamige toneelstuk wat in 1970 deur Pieter Fourie geskryf is.[1] Tydens die openingsnaweek het dit R1,4 miljoen by die loket verdien, toe sowat 32 000 mense daarna gaan kyk het.[2]
Hoofrolspelers
- Willie Esterhuizen as Faan
- Deon Lotz as Dr André Dippenaar, die burgemeester
- Anel Alexander as Truia
- Marius Weyers as die draadsitter-domine
- Nicola Hanekom as Beatrice Dippenaar, die burgemeester se vrou
- AJ van der Merwe as die sersant
- Cobus Rossouw as Oom Frik
- Sandra Kotzé as Tante Magriet
Pryse
Die rolprent het tydens die tweede kykNET Silwerskermfees nege toekennings ontvang insluitend:
- Beste Film
- Beste Regisseur (Koos Roets)
- Beste Akteur (Willie Esterhuizen)
- Beste Manlike Byspeler (Deon Lotz)
- Beste Vroulike Byspeler (Anel Alexander)
- Beste Draaiboek (Pieter Fourie en Koos Roets)
- Beste Kinematografie (Amelia Henning)
- Beste Redigering (Nicholas Costaras)
- Beste Klankontwerp (Barry Donnely)
Sien ook
Eksterne skakels
Verwysings
- Burger, Karin (17 Mei 2013). "Faan se trein stoom voort" (html). Rapport. Besoek op 21 November 2013.[dooie skakel]
- ‘Ballade’ tref die loket met R1,3 miljoen[dooie skakel]