FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
Die 16de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Frans: Coupe du Monde – France 98; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 10 Junie tot 12 Julie 1998 in Frankryk aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Frankryk aangebied is, ná die 1938-toernooi, en die negende in Europa. Frankryk het daarmee die derde land geword wat die toernooi vir ’n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986 en Italië in 1990.
Coupe du Monde – France 98 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Frankryk |
Datums | 10 Junie – 12 Julie |
Spanne | 32 (van 5 konfederasies) |
Stadions | 10 (in 10 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Frankryk (1 titel) |
Tweede plek | Brasilië |
Derde plek | Kroasië |
Vierde plek | Nederland |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 64 |
Doele | 171 (2.67 per wedstryd) |
Bywoning | 2 785 100 (43 517 per wedstryd) |
Meeste punte | Davor Šuker (6 doele)[1] |
Beste speler | Ronaldo |
← 1994 2002 → |
32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Frankryk het die trofee gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Brasilië met 3–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Frankryk het die sewende nasie geword om ’n Wêreldbekertoernooi te wen en hulle was ook die sesde gasheer ná Uruguay in 1930, Italië in 1934, Engeland in 1966, Wes-Duitsland in 1974 en Argentinië in 1978 wat die toernooi gewen het. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Frankryk regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 in Suid-Korea en Japan gekwalifiseer. Kroasië het in die derde en Nederland in die vierde plek geëindig. Dit was die eerste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, maar dié reël is reeds ná die volgende 2002-toernooi weer geskrap.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het vir die eerste keer aan die toernooi deelgeneem, maar hulle is reeds in die groepfase uitgeskakel. Die nasionale sokkerspanne van Jamaika, Japan en Kroasië het ook vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die eerste toernooi met die nuwe aantal van 32 nasionale sokkerspanne, wat verhoog is van die vorige 24 deelnemers tussen die Sokker-Wêreldbekertoernooie van 1982 tot 1994.
Toewysing
Frankryk is op 1 Julie 1992 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998. Ander kandidaatlande was Marokko en Switserland, maar Switserland het voor die stemming hulself onttrek.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998[2] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Land | Rondte 1 | |||||
Frankryk | 12 | |||||
Marokko | 7 |
Kwalifisering
Die gasheer Frankryk en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gekwalifiseer. Van die 30 oorblywende plekke is 14 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), drie vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC en OFC (Oseanië) beslis.
Kwalifiserende spanne
Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Argentinië | 12de | 7 | 1994 | Kampioen (1978, 1986) |
België | 10de | 5 | 1994 | Vierde plek (1986) |
Brasilië | 16de | 16 | 1994 | Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994) |
Bulgarye | 7de | 2 | 1994 | Vierde plek (1994) |
Chili | 7de | 1 | 1982 | Derde plek (1962) |
Colombia | 4de | 3 | 1994 | Agtste eindrondte (1990) |
Denemarke | 2de | 1 | 1986 | Agtste eindrondte (1986) |
Duitsland | 14de | 12 | 1994 | Kampioen (1954, 1974, 1990) |
Engeland | 10de | 1 | 1990 | Kampioen (1966) |
Frankryk | 10de | 1 | 1986 | Derde plek (1958, 1986) |
Iran | 2de | 1 | 1978 | Groepfase (1978) |
Italië | 14de | 10 | 1994 | Kampioen (1934, 1938, 1982) |
Jamaika | 1ste | 1 | – | Debuut |
Japan | 1ste | 1 | – | Debuut |
Joego-Slawië | 9de | 1 | 1990 | Vierde plek (1930, 1962) |
Kameroen | 4de | 3 | 1994 | Kwarteindrondte (1990) |
Kroasië | 1ste | 1 | – | Debuut |
Marokko | 4de | 2 | 1994 | Agtste eindrondte (1986) |
Meksiko | 11de | 2 | 1994 | Kwarteindrondte (1970, 1986) |
Nederland | 7de | 3 | 1994 | Naaswenner (1974, 1978) |
Nigerië | 2de | 2 | 1994 | Agtste eindrondte (1994) |
Noorweë | 3de | 2 | 1994 | Agtste eindrondte (1938) |
Oostenryk | 7de | 1 | 1990 | Derde plek (1954) |
Paraguay | 5de | 1 | 1986 | Agtste eindrondte (1986) |
Roemenië | 7de | 3 | 1994 | Kwarteindrondte (1994) |
Saoedi-Arabië | 2de | 2 | 1994 | Agtste eindrondte (1994) |
Skotland | 8ste | 1 | 1990 | Groepfase (1954, 1958, 1974, 1978, 1982, 1986, 1990) |
Spanje | 10de | 6 | 1994 | Vierde plek (1950) |
Suid-Afrika | 1ste | 1 | – | Debuut |
Suid-Korea | 5de | 4 | 1994 | Groepfase (1954, 1986, 1990, 1994) |
Tunisië | 2de | 1 | 1978 | Groepfase (1978) |
Verenigde State | 6de | 3 | 1994 | Derde plek (1930) |
Stadions
Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Saint-Denis | Marseille | Parys | Lyon |
---|---|---|---|
Stade de France | Stade Vélodrome | Parc des Princes | Stade de Gerland |
48°55′28″N 2°21′36.7″O | 43°16′11.4″N 5°23′45.3″O | 48°50′29.3″N 2°15′10.8″O | 45°43′25.5″N 4°49′57″O |
Kapasiteit: 80 000 | Kapasiteit: 60 000 | Kapasiteit: 48 875 | Kapasiteit: 44 000 |
Lens |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 (Frankryk) | ||
Stade Félix-Bollaert | |||
50°25′58.3″N 2°48′53.5″O | |||
Kapasiteit: 41 300 | |||
Nantes | |||
Stade de la Beaujoire | |||
47°15′21.6″N 1°31′28.9″W | |||
Kapasiteit: 39 500 | |||
Toulouse | Saint-Étienne | Bordeaux | Montpellier |
Stade de Toulouse | Stade Geoffroy-Guichard | Parc Lescure | Stade de la Mosson |
43°35′0″N 1°26′3″O | 45°27′38.7″N 4°23′24.6″O | 44°49′45″N 0°35′54″W | 43°37′19.9″N 3°48′43.3″O |
Kapasiteit: 37 000 | Kapasiteit: 36 000 | Kapasiteit: 35 200 | Kapasiteit: 34 000 |
Formaat
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 is oor 32 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 10 Junie 1998 op die Stade de France in Saint-Denis met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Brasilië en Skotland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 12 Julie met die eindstryd tussen Brasilië en Frankryk, waartydens die gasheer die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[4]
Kalender
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 4 Desember 1997 in die Stade Vélodrome in Marseille gehou.
Groepfase
32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 2 | 0 | 1 | 6 | 3 | +3 | 6 |
Noorweë | 3 | 1 | 2 | 0 | 5 | 4 | +1 | 5 |
Marokko | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 4 |
Skotland | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | –4 | 1 |
10 Junie 1998 17:30 | ||||
Brasilië | 2–1 | Skotland | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 80 000 Skeidsregter: José Garcia Aranda (Spanje) | |
César Sampaio 4' Boyd 73' (e.d.) |
Verslag | 38' (straf) Collins |
10 Junie 1998 21:00 | ||||
Marokko | 2–2 | Noorweë | Stade de la Mosson, Montpellier Toeskouers: 29 800 Skeidsregter: Pirom Un-Prasert (Thailand) | |
Hadji 38' Hadda 59' |
Verslag | 46' (e.d.) Chippo 60' Eggen |
16 Junie 1998 17:30 | ||||
Skotland | 1–1 | Noorweë | Parc Lescure, Bordeaux Toeskouers: 31 800 Skeidsregter: László Vagner (Hongarye) | |
Burley 66' | Verslag | 46' H. Flo |
16 Junie 1998 21:00 | ||||
Brasilië | 3–0 | Marokko | Stade de la Beaujoire, Nantes Toeskouers: 35 500 Skeidsregter: Nikolai Lefnikof (Rusland) | |
Ronaldo 9' Rivaldo 45+2' Bebeto 50' |
Verslag |
23 Junie 1998 21:00 | ||||
Brasilië | 1–2 | Noorweë | Stade Vélodrome, Marseille Toeskouers: 55 000 Skeidsregter: Esfandiar Baharmast (VSA) | |
Bebeto 78' | Verslag | 83' T. A. Flo 88' (straf) Rekdal |
23 Junie 1998 21:00 | ||||
Skotland | 0–3 | Marokko | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 30 600 Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate) | |
Verslag | 22', 85' Bassir 46' Hadda |
Groep B
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Italië | 3 | 2 | 1 | 0 | 7 | 3 | +4 | 7 |
Chili | 3 | 0 | 3 | 0 | 4 | 4 | ±0 | 3 |
Oostenryk | 3 | 0 | 2 | 1 | 3 | 4 | –1 | 2 |
Kameroen | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 5 | –3 | 2 |
11 Junie 1998 17:30 | ||||
Italië | 2–2 | Chili | Parc Lescure, Bordeaux Toeskouers: 31 800 Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger) | |
Vieri 10' R. Baggio 85' (straf) |
Verslag | 45', 49' Salas |
11 Junie 1998 21:00 | ||||
Kameroen | 1–1 | Oostenryk | Stade de Toulouse, Toulouse Toeskouers: 33 460 Skeidsregter: Epifanio González (Paraguay) | |
Njanka 78' | Verslag | 90' Polster |
17 Junie 1998 17:30 | ||||
Chili | 1–1 | Oostenryk | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 30 600 Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte) | |
Salas 70' | Verslag | 90' Vastić |
17 Junie 1998 21:00 | ||||
Italië | 3–0 | Kameroen | Stade de la Mosson, Montpellier Toeskouers: 29 800 Skeidsregter: Edward Lennie (Australië) | |
Di Biagio 7' Vieri 75', 89' |
Verslag |
23 Junie 1998 16:00 | ||||
Italië | 2–1 | Oostenryk | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 80 000 Skeidsregter: Paul Durkin (Engeland) | |
Vieri 49' R. Baggio 89' |
Verslag | 90' (straf) Herzog |
23 Junie 1998 16:00 | ||||
Chili | 1–1 | Kameroen | Stade de la Beaujoire, Nantes Toeskouers: 35 500 Skeidsregter: László Vágner (Hongarye) | |
Sierra 20' | Verslag | 55' M'Boma |
Groep C
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 3 | 3 | 0 | 0 | 9 | 1 | +8 | 9 |
Denemarke | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 3 | ±0 | 4 |
Suid-Afrika | 3 | 0 | 2 | 1 | 3 | 6 | –3 | 2 |
Saoedi-Arabië | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | –5 | 1 |
12 Junie 1998 17:30 | ||||
Saoedi-Arabië | 0–1 | Denemarke | Stade Félix-Bollaert, Lens Toeskouers: 38 140 Skeidsregter: Javier Castrilli (Argentinië) | |
Verslag | 69' Rieper |
12 Junie 1998 21:00 | ||||
Frankryk | 3–0 | Suid-Afrika | Stade Vélodrome, Marseille Toeskouers: 55 000 Skeidsregter: Márcio Rezende de Freitas (Brasilië) | |
Dugarry 36' Issa 77' (e.d.) Henry 90+2' |
Verslag |
18 Junie 1998 17:30 | ||||
Suid-Afrika | 1–1 | Denemarke | Stade de Toulouse, Toulouse Toeskouers: 33 300 Skeidsregter: John Toro Rendón (Colombia) | |
McCarthy 51' | Verslag | 12' Nielsen |
18 Junie 1998 21:00 | ||||
Frankryk | 4–0 | Saoedi-Arabië | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 80 000 Skeidsregter: Arturo Brizio Carter (Meksiko) | |
Henry 37', 78' Trezeguet 68' Lizarazu 85' |
Verslag |
24 Junie 1998 16:00 | ||||
Frankryk | 2–1 | Denemarke | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 39 100 Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië) | |
Djorkaeff 12' (straf) Petit 56' |
Verslag | 42' (straf) M. Laudrup |
24 Junie 1998 16:00 | ||||
Suid-Afrika | 2–2 | Saoedi-Arabië | Parc Lescure, Bordeaux Toeskouers: 31 800 Skeidsregter: Mario Sánchez (Chili) | |
Bartlett 18', 90+3' (straf) | Verslag | 45+2' (straf) Al-Jaber 74' (straf) Al-Thunayan |
Groep D
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nigerië | 3 | 2 | 0 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 6 |
Paraguay | 3 | 1 | 2 | 0 | 3 | 1 | +2 | 5 |
Spanje | 3 | 1 | 1 | 1 | 8 | 4 | +4 | 4 |
Bulgarye | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 7 | –6 | 1 |
12 Junie 1998 14:30 | ||||
Paraguay | 0–0 | Bulgarye | Stade de la Mosson, Montpellier Toeskouers: 27 650 Skeidsregter: Abdul Rahman Al-Zeid (Saoedi-Arabië) | |
Verslag |
13 Junie 1998 14:30 | ||||
Spanje | 2–3 | Nigerië | Stade de la Beaujoire, Nantes Toeskouers: 33 257 Skeidsregter: Esfandiar Baharmast (VSA) | |
Hierro 20' Raúl 46' |
Verslag | 24' Adepoju 72' Lawal 77' Oliseh |
19 Junie 1998 17:30 | ||||
Nigerië | 1–0 | Bulgarye | Parc des Princes, Parys Toeskouers: 45 500 Skeidsregter: Mario Sánchez Yanten (Chili) | |
Ikpeba 26' | Verslag |
19 Junie 1998 21:00 | ||||
Spanje | 0–0 | Paraguay | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 30 600 Skeidsregter: Ian McLeod (Suid-Afrika) | |
Verslag |
24 Junie 1998 21:00 | ||||
Nigerië | 1–3 | Paraguay | Stade de Toulouse, Toulouse Toeskouers: 33 500 Skeidsregter: Pirom Un-Prasert (Thailand) | |
Oruma 10' | Verslag | 1' Ayala 58' Benítez 86' Cardozo |
24 Junie 1998 21:00 | ||||
Spanje | 6–1 | Bulgarye | Stade Félix-Bollaert, Lens Toeskouers: 38 100 Skeidsregter: Mario van der Ende (Nederland) | |
Hierro 5' (straf) Luis Enrique 18' Morientes 53', 80' Kiko 88', 90' |
Verslag | 56' Kostadinof |
Groep E
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nederland | 3 | 1 | 2 | 0 | 7 | 2 | +5 | 5 |
Meksiko | 3 | 1 | 2 | 0 | 7 | 5 | +2 | 5 |
België | 3 | 0 | 3 | 0 | 3 | 3 | ±0 | 3 |
Suid-Korea | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 9 | –7 | 1 |
13 Junie 1998 17:30 | ||||
Suid-Korea | 1–3 | Meksiko | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 39 100 Skeidsregter: Günter Benkö (Oostenryk) | |
Ha Seok-ju 28' | Verslag | 51' Peláez 74', 84' Hernández |
13 Junie 1998 21:00 | ||||
Nederland | 0–0 | België | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 75 000 Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië) | |
Verslag |
20 Junie 1998 17:30 | ||||
België | 2–2 | Meksiko | Parc Lescure, Bordeaux Toeskouers: 31 800 Skeidsregter: Hugh Dallas (Skotland) | |
Wilmots 43', 47' | Verslag | 55' (straf) García Aspe 62' Blanco |
20 Junie 1998 21:00 | ||||
Nederland | 5–0 | Suid-Korea | Stade Vélodrome, Marseille Toeskouers: 55 000 Skeidsregter: Ryszard Wójcik (Pole) | |
Cocu 38' Overmars 42' Bergkamp 71' Van Hooijdonk 80' R. de Boer 83' |
Verslag |
25 Junie 1998 16:00 | ||||
Nederland | 2–2 | Meksiko | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 30 600 Skeidsregter: Abdul Rahman Al-Zeid (Saoedi-Arabië) | |
Cocu 4' R. de Boer 18' |
Verslag | 75' Peláez 90+4' Hernández |
25 Junie 1998 16:00 | ||||
België | 1–1 | Suid-Korea | Parc des Princes, Parys Toeskouers: 45 500 Skeidsregter: Márcio Rezende de Freitas (Brasilië) | |
Nilis 7' | Verslag | 71' Yu Sang-cheol |
Groep F
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Duitsland | 3 | 2 | 1 | 0 | 6 | 2 | +4 | 7 |
Joego-Slawië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 2 | +2 | 7 |
Iran | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | –2 | 3 |
Verenigde State | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 5 | –4 | 0 |
14 Junie 1998 17:30 | ||||
Joego-Slawië | 1–0 | Iran | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 30 392 Skeidsregter: Alberto Tejada (Peru) | |
Mihajlović 72' | Verslag |
15 Junie 1998 21:00 | ||||
Duitsland | 2–0 | Verenigde State | Parc des Princes, Parys Toeskouers: 43 815 Skeidsregter: Said Belqola (Marokko) | |
Möller 8' Klinsmann 64' |
Verslag |
21 Junie 1998 14:30 | ||||
Duitsland | 2–2 | Joego-Slawië | Stade Félix-Bollaert, Lens Toeskouers: 38 100 Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke) | |
Mihajlović 73' (e.d.) Bierhoff 80' |
Verslag | 13' Mijatović 54' Stojković |
21 Junie 1998 21:00 | ||||
Verenigde State | 1–2 | Iran | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 39 100 Skeidsregter: Urs Meier (Switserland) | |
McBride 87' | Verslag | 40' Estili 84' Mahdavikia |
25 Junie 1998 21:00 | ||||
Verenigde State | 0–1 | Joego-Slawië | Stade de la Beaujoire, Nantes Toeskouers: 35 500 Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte) | |
Verslag | 4' Komljenović |
25 Junie 1998 21:00 | ||||
Duitsland | 2–0 | Iran | Stade de la Mosson, Montpellier Toeskouers: 29 800 Skeidsregter: Epifanio González (Paraguay) | |
Bierhoff 50' Klinsmann 57' |
Verslag |
Groep G
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Roemenië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 2 | +2 | 7 |
Engeland | 3 | 2 | 0 | 1 | 5 | 2 | +3 | 6 |
Colombia | 3 | 1 | 0 | 2 | 1 | 3 | –2 | 3 |
Tunisië | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 4 | –3 | 1 |
15 Junie 1998 14:30 | ||||
Engeland | 2–0 | Tunisië | Stade Vélodrome, Marseille Toeskouers: 54 587 Skeidsregter: Masayoshi Okada (Japan) | |
Shearer 43' Scholes 89' |
Verslag |
15 Junie 1998 17:30 | ||||
Roemenië | 1–0 | Colombia | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 37 572 Skeidsregter: Lim Kee Chong (Mauritius) | |
Ilie 45' | Verslag |
22 Junie 1998 17:30 | ||||
Colombia | 1–0 | Tunisië | Stade de la Mosson, Montpellier Toeskouers: 29 800 Skeidsregter: Bernd Heynemann (Duitsland) | |
Preciado 83' | Verslag |
22 Junie 1998 21:00 | ||||
Roemenië | 2–1 | Engeland | Stade de Toulouse, Toulouse Toeskouers: 33 500 Skeidsregter: Marc Batta (Frankryk) | |
Moldovan 47' Petrescu 90' |
Verslag | 79' Owen |
26 Junie 1998 21:00 | ||||
Colombia | 0–2 | Engeland | Stade Félix-Bollaert, Lens Toeskouers: 38 100 Skeidsregter: Arturo Brizio Carter (Meksiko) | |
Verslag | 20' Anderton 29' Beckham |
26 Junie 1998 21:00 | ||||
Roemenië | 1–1 | Tunisië | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 77 000 Skeidsregter: Edward Lennie (Australië) | |
Moldovan 72' | Verslag | 10' (straf) Souayah |
Groep H
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Argentinië | 3 | 3 | 0 | 0 | 7 | 0 | +7 | 9 |
Kroasië | 3 | 2 | 0 | 1 | 4 | 2 | +2 | 6 |
Jamaika | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 9 | –6 | 3 |
Japan | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 4 | –3 | 0 |
14 Junie 1998 14:30 | ||||
Argentinië | 1–0 | Japan | Stade de Toulouse, Toulouse Toeskouers: 33 400 Skeidsregter: Mario van der Ende (Nederland) | |
Batistuta 28' | Verslag |
14 Junie 1998 21:00 | ||||
Jamaika | 1–3 | Kroasië | Stade Félix-Bollaert, Lens Toeskouers: 38 058 Skeidsregter: Vítor Melo Pereira (Portugal) | |
Earle 45' | Verslag | 27' Stanić 53' Prosinečki 69' Šuker |
20 Junie 1998 14:30 | ||||
Japan | 0–1 | Kroasië | Stade de la Beaujoire, Nantes Toeskouers: 35 500 Skeidsregter: Ramesh Ramdhan (Trinidad en Tobago) | |
Verslag | 77' Šuker |
21 Junie 1998 17:30 | ||||
Argentinië | 5–0 | Jamaika | Parc des Princes, Parys Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Rune Pedersen (Noorweë) | |
Ortega 31', 55' Batistuta 72', 80', 82' (straf) |
Verslag |
26 Junie 1998 16:00 | ||||
Argentinië | 1–0 | Kroasië | Parc Lescure, Bordeaux Toeskouers: 31 800 Skeidsregter: Said Belqola (Marokko) | |
Pineda 36' | Verslag |
26 Junie 1998 16:00 | ||||
Japan | 1–2 | Jamaika | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 39 100 Skeidsregter: Günter Benkö (Oostenryk) | |
Nakayama 74' | Verslag | 39', 54' Whitmore |
Uitklopfase
Agtste eindrondte | Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | |||||||||||
27 Junie – Parys | ||||||||||||||
Brasilië | 4 | |||||||||||||
3 Julie – Nantes | ||||||||||||||
Chili | 1 | |||||||||||||
Brasilië | 3 | |||||||||||||
28 Junie – Saint-Denis | ||||||||||||||
Denemarke | 2 | |||||||||||||
Nigerië | 1 | |||||||||||||
7 Julie – Marseille | ||||||||||||||
Denemarke | 4 | |||||||||||||
Brasilië | 1 (4) | |||||||||||||
29 Junie – Toulouse | ||||||||||||||
Nederland | 1 (2) |
|||||||||||||
Nederland | 2 | |||||||||||||
4 Julie – Marseille | ||||||||||||||
Joego-Slawië | 1 | |||||||||||||
Nederland | 2 | |||||||||||||
30 Junie – Saint-Étienne | ||||||||||||||
Argentinië | 1 | |||||||||||||
Argentinië | 2 (4) | |||||||||||||
12 Julie – Saint-Denis | ||||||||||||||
Engeland | 2 (3) |
|||||||||||||
Brasilië | 0 | |||||||||||||
27 Junie – Marseille | ||||||||||||||
Frankryk | 3 | |||||||||||||
Italië | 1 | |||||||||||||
3 Julie – Saint-Denis | ||||||||||||||
Noorweë | 0 | |||||||||||||
Italië | 0 (3) | |||||||||||||
28 Junie – Lens | ||||||||||||||
Frankryk | 0 (4) |
|||||||||||||
Frankryk | 1 | |||||||||||||
8 Julie – Saint-Denis | ||||||||||||||
Paraguay | 0 | |||||||||||||
Frankryk | 2 | |||||||||||||
29 Junie – Montpellier | ||||||||||||||
Kroasië | 1 | derde plek | ||||||||||||
Duitsland | 2 | |||||||||||||
4 Julie – Lyon | 11 Julie – Parys | |||||||||||||
Meksiko | 1 | |||||||||||||
Duitsland | 0 | Nederland | 1 | |||||||||||
30 Junie – Bordeaux | ||||||||||||||
Kroasië | 3 | Kroasië | 2 | |||||||||||
Roemenië | 0 | |||||||||||||
Kroasië | 1 | |||||||||||||
Agtste eindrondte
27 Junie 1998 16:30 | ||||
Italië | 1–0 | Noorweë | Stade Vélodrome, Marseille Toeskouers: 55 000 Skeidsregter: Bernd Heynemann (Duitsland) | |
Vieri 18' | Verslag |
27 Junie 1998 21:00 | ||||
Brasilië | 4–1 | Chili | Parc des Princes, Parys Toeskouers: 45 500 Skeidsregter: Marc Batta (Frankryk) | |
César Sampaio 11', 27' Ronaldo 45+1' (straf), 70' |
Verslag | 68' Salas |
28 Junie 1998 16:30 | ||||
Frankryk | 1–0 (e.t.) | Paraguay | Stade Félix-Bollaert, Lens Toeskouers: 38 100 Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate) | |
Blanc 113' | Verslag |
28 Junie 1998 21:00 | ||||
Nigerië | 1–4 | Denemarke | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 77 000 Skeidsregter: Urs Meier (Switserland) | |
Babangida 78' | Verslag | 3' Møller 12' B. Laudrup 60' Sand 76' Helveg |
29 Junie 1998 16:30 | ||||
Duitsland | 2–1 | Meksiko | Stade de la Mosson, Montpellier Toeskouers: 29 800 Skeidsregter: Vítor Melo Pereira (Portugal) | |
Klinsmann 75' Bierhoff 86' |
Verslag | 47' Hernández |
29 Junie 1998 21:00 | ||||
Nederland | 2–1 | Joego-Slawië | Stade de Toulouse, Toulouse Toeskouers: 33 500 Skeidsregter: José Garcia Aranda (Spanje) | |
Bergkamp 38' Davids 90+2' |
Verslag | 48' Komljenović |
30 Junie 1998 16:30 | ||||
Roemenië | 0–1 | Kroasië | Parc Lescure, Bordeaux Toeskouers: 31 800 Skeidsregter: Javier Castrilli (Argentinië) | |
Verslag | 45+2' (straf) Šuker |
30 Junie 1998 21:00 | ||||
Argentinië | 2–2 (e.t.) | Engeland | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 30 600 Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke) | |
Batistuta 6' (straf) Zanetti 45+1' Strafskoppe Berti Crespo Verón Gallardo Ayala |
Verslag Strafskoppe 4–3 |
10' (straf) Shearer 16' Owen Strafskoppe Shearer Ince Merson Owen Batty |
Kwarteindrondte
3 Julie 1998 16:30 | ||||
Italië | 0–0 (e.t.) | Frankryk | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 77 000 Skeidsregter: Hugh Dallas (Skotland) | |
Strafskoppe R. Baggio Albertini Costacurta Vieri Di Biagio |
Verslag Strafskoppe 3–4 |
Strafskoppe Zidane Lizarazu Trezeguet Henry Blanc |
3 Julie 1998 21:00 | ||||
Brasilië | 3–2 | Denemarke | Stade de la Beaujoire, Nantes Toeskouers: 35 500 Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte) | |
Bebeto 11' Rivaldo 27', 60' |
Verslag | 2' Jørgensen 50' B. Laudrup |
4 Julie 1998 16:30 | ||||
Nederland | 2–1 | Argentinië | Stade Vélodrome, Marseille Toeskouers: 55 000 Skeidsregter: Arturo Brizio Carter (Meksiko) | |
Kluivert 12' Bergkamp 89' |
Verslag | 18' López |
4 Julie 1998 21:00 | ||||
Duitsland | 0–3 | Kroasië | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 39 100 Skeidsregter: Rune Pedersen (Noorweë) | |
Verslag | 45+3' Jarni 80' Vlaović 85' Šuker |
Halfeindrondte
7 Julie 1998 21:00 | ||||
Brasilië | 1–1 (e.t.) | Nederland | Stade Vélodrome, Marseille Toeskouers: 54 000 Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate) | |
Ronaldo 46' Strafskoppe Ronaldo Rivaldo Emerson Dunga |
Verslag Strafskoppe 4–2 |
87' Kluivert Strafskoppe F. de Boer Bergkamp Cocu R. de Boer |
8 Julie 1998 21:00 | ||||
Frankryk | 2–1 | Kroasië | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 76 000 Skeidsregter: José Garcia Aranda (Spanje) | |
Thuram 47', 69' | Verslag | 46' Šuker |
Klein finale (om die derde plek)
11 Julie 1998 21:00 | ||||
Nederland | 1–2 | Kroasië | Parc des Princes, Parys Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Epifanio González (Paraguay) | |
Zenden 21' | Verslag | 13' Prosinečki 35' Šuker |
Eindstryd
12 Julie 1998 21:00 | ||||
Brasilië | 0–3 | Frankryk | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 80 000 Skeidsregter: Said Belqola (Marokko) | |
Verslag | 27', 45+1' Zidane 90+3' Petit |
Sokkerwêreldkampioen 1998 |
---|
Frankryk |
FIFA se ranglys
Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1998-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groepe | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Frankryk | C | 7 | 6 | 1 | 0 | 15 | 2 | +13 | 19 |
2 | Brasilië | A | 7 | 4 | 1 | 2 | 14 | 10 | +4 | 13 |
3 | Kroasië | H | 7 | 5 | 0 | 2 | 11 | 5 | +6 | 15 |
4 | Nederland | E | 7 | 3 | 3 | 1 | 13 | 7 | +6 | 12 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Italië | B | 5 | 3 | 2 | 0 | 8 | 3 | +5 | 11 |
6 | Argentinië | H | 5 | 3 | 1 | 1 | 10 | 4 | +6 | 10 |
7 | Duitsland | F | 5 | 3 | 1 | 1 | 8 | 6 | +2 | 10 |
8 | Denemarke | C | 5 | 2 | 1 | 2 | 9 | 7 | +2 | 7 |
In die agtste eindrondte uitgeskakel | ||||||||||
9 | Engeland | G | 4 | 2 | 1 | 1 | 7 | 4 | +3 | 7 |
10 | Joego-Slawië | F | 4 | 2 | 1 | 1 | 5 | 4 | +1 | 7 |
11 | Roemenië | G | 4 | 2 | 1 | 1 | 4 | 3 | +1 | 7 |
12 | Nigerië | D | 4 | 2 | 0 | 2 | 6 | 9 | −3 | 6 |
13 | Meksiko | E | 4 | 1 | 2 | 1 | 8 | 7 | +1 | 5 |
14 | Paraguay | D | 4 | 1 | 2 | 1 | 3 | 2 | +1 | 5 |
15 | Noorweë | A | 4 | 1 | 2 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 5 |
16 | Chili | B | 4 | 0 | 3 | 1 | 5 | 8 | −3 | 3 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
17 | Spanje | D | 3 | 1 | 1 | 1 | 8 | 4 | +4 | 4 |
18 | Marokko | A | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 4 |
19 | België | E | 3 | 0 | 3 | 0 | 3 | 3 | ±0 | 3 |
20 | Iran | F | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | −2 | 3 |
21 | Colombia | G | 3 | 1 | 0 | 2 | 1 | 3 | −2 | 3 |
22 | Jamaika | H | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 9 | −6 | 3 |
23 | Oostenryk | B | 3 | 0 | 2 | 1 | 3 | 4 | −1 | 2 |
24 | Suid-Afrika | C | 3 | 0 | 2 | 1 | 3 | 6 | −3 | 2 |
25 | Kameroen | B | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 5 | −3 | 2 |
26 | Tunisië | G | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 4 | −3 | 1 |
27 | Skotland | A | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | −4 | 1 |
28 | Saoedi-Arabië | C | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | −5 | 1 |
29 | Bulgarye | D | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 7 | −6 | 1 |
30 | Suid-Korea | E | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 9 | −7 | 1 |
31 | Japan | H | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 4 | −3 | 0 |
32 | Verenigde State | F | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 5 | −4 | 0 |
Meeste doele aangeteken
Meeste doele aangeteken:[1]
|
|
Verwysings
- (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2018. Besoek op 7 Junie 2018.
- (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
- (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.
Verdere leesstof
- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998. |
- (en) fifa.com: France 1998: Home glory
- (en) worldcup-history.com: France, 1998
- (en) rsssf.com: World Cup 1998