FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958
Die sesde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Sweeds: Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 8 tot 29 Junie 1958 in Swede aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Swede aangebied is en die vierde in Europa.
![](../I/Julesrimet.gif)
Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958 | |
---|---|
![]() | |
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | ![]() |
Datums | 8 Junie – 29 Junie |
Spanne | 16 (van 3 konfederasies) |
Stadions | 12 (in 12 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | ![]() |
Tweede plek | ![]() |
Derde plek | ![]() |
Vierde plek | ![]() |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 35 |
Doele | 126 (3.6 per wedstryd) |
Bywoning | 819 810 (23 423 per wedstryd) |
Meeste punte | ![]() |
Beste speler | ![]() |
← 1954 1962 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Brasilië het die trofee gewen nadat hulle die gasheer Swede met 5–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Frankryk het in die derde en die verdedigende kampioen Wes-Duitsland in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Noord-Ierland, die Sowjetunie en Wallis het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.
Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 het die Franse Just Fontaine 13 doele aangeteken, meer as enige ander sokkerspeler tydens een enkele Sokker-Wêreldbekertoernooi. Dié toernooi word ook vir die destydse 17-jarige Brasiliaanse Pelé se internasionale debuut onthou.
Toewysing
Swede is op 23 Junie 1950 in Rio de Janeiro, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 in Brasilië, deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958. Daar was geen ander land wat homself as kandidat beskikbaar gestel het nie.[2]
Kwalifisering
Die gasheer Swede en die verdedigende kampioen Wes-Duitsland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is nege vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika) en een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC (Asië) en CAF (Afrika) beslis.
Nóg Afrikalande nóg Asiatiese lande het daarin geslaag om vir dié toernooi te kwalifiseer.
Die 1958-toernooi is tot dusver die enigste Sokker-Wêreldbeker waarvoor elkeen van die vier lande van die Verenigde Koninkryk gekwalifiseer het, naamlik Engeland, Noord-Ierland, Skotland en Wallis.
Kwalifiserende spanne
Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]
![](../I/Qualification_for_the_1958_FIFA_World_Cup.png.webp)
Geen deelname
Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie
Land het nie gekwalifiseer nie
Land het gekwalifiseer
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
![]() |
3de | 1 | 1934 | Naaswenner (1930) |
![]() |
6de | 6 | 1954 | Naaswenner (1950) |
![]() |
3de | 3 | 1954 | Kwarteindrondte (1954) |
![]() |
5de | 2 | 1954 | Kwarteindrondte (1938) |
![]() |
4de | 2 | 1954 | Naaswenner (1938, 1954) |
![]() |
4de | 3 | 1954 | Vierde plek (1930) |
![]() |
4de | 3 | 1954 | Groepfase (1930, 1950, 1954) |
![]() |
1ste | 1 | – | Debuut |
![]() |
3de | 2 | 1954 | Derde plek (1954) |
![]() |
3de | 1 | 1950 | Groepfase (1930, 1950) |
![]() |
2de | 2 | 1954 | Groepfase (1954) |
![]() |
1ste | 1 | – | Debuut |
![]() |
4de | 1 | 1950 | Derde plek (1950) |
![]() |
4de | 2 | 1954 | Naaswenner (1934) |
![]() |
1ste | 1 | – | Debuut |
![]() |
4de | 2 | 1954 | Kampioen (1954) |
Stadions
Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Solna (Stockholm) | Gotenburg | Malmö | Helsingborg |
---|---|---|---|
Råsunda-stadion | Ullevi | Malmö-stadion | Olympia |
59°21′46″N 17°59′46.7″O | 57°42′20.6″N 11°59′15.7″O | 55°35′9.9″N 12°59′21.4″O | 56°2′59.8″N 12°42′24.5″O |
Kapasiteit: 52 400 | Kapasiteit: 53 500 | Kapasiteit: 30 000 | Kapasiteit: 27 000 |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Eskilstuna | Norrköping | ||
Tunavallen | Idrottsparken | ||
59°22′14.4″N 16°29′42″O | 58°35′3.4″N 16°10′22.8″O | ||
Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 20 000 | ||
![]() |
![]() | ||
Sandviken | Uddevalla | ||
Jernvallen | Rimnersvallen | ||
60°36′27.2″N 16°46′26.2″O | 58°21′24″N 11°57′0″O | ||
Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 17 778 | ||
![]() |
![]() | ||
Borås | Halmstad | Örebro | Västerås |
Ryavallen | Örjans Vall | Eyravallen | Arosvallen |
57°44′8.6″N 12°56′5.7″O | 56°41′3.7″N 12°51′59.4″O | 59°15′58.6″N 15°13′24″O | 59°37′13.2″N 16°32′26.3″O |
Kapasiteit: 15 000 | Kapasiteit: 15 000 | Kapasiteit: 13 000 | Kapasiteit: 10 000 |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Formaat
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 is oor 22 dae tussen 16 verskillende nasies oor 35 wedstryde uitgespeel. Dit het op 8 Junie 1958 op die Råsunda-stadion in Solna met ’n wedstryd tussen die gasheer Swede en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 29 Junie met die eindstryd tussen Swede en Brasilië, waartydens Brasilië die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[4]
Kalender
![](../I/Play_order_for_the_FIFA_World_Cup_1958.jpg.webp)
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: as twee of meer spanne gelyk op punte was, is afhangende van die situasie uitspeelwedstryde ingespan.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal, as die tweede en derde span gelyk op punte was, moes hulle in ’n uitspeelwedstryd teen mekaar speel.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 8 Februarie 1958 in die Cirkus Television Studios in Stockholm gehou.
Groepfase
16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
![](../I/Northern_Ireland_vs_Czechoslovakia_FIFA_World_Cup_1958.jpg.webp)
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
3 | 1 | 2 | 0 | 7 | 5 | +2 | 4 |
![]() |
3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 5 | –1 | 3 |
![]() |
3 | 1 | 1 | 1 | 8 | 4 | +4 | 3 |
![]() |
3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 10 | –5 | 2 |
- Noord-Ierland het bo Tsjeggo-Slowakye geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
8 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
3–1 | ![]() |
Malmö Stadion, Malmö Toeskouers: 31 156 Skeidsregter: Reginald James Leafe (Engeland) | |
Rahn ![]() ![]() Seeler ![]() |
Verslag | ![]() |
8 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
1–0 | ![]() |
Örjans Vall, Halmstad Toeskouers: 10 647 Skeidsregter: Fritz Seipelt (Oostenryk) | |
Cush ![]() |
Verslag |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
3–1 | ![]() |
Örjans Vall, Halmstad Toeskouers: 14 147 Skeidsregter: Sten Ahlner (Swede) | |
Corbatta ![]() Menéndez ![]() Avio ![]() |
Verslag | ![]() |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–2 | ![]() |
Olympiastadion, Helsingborg Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Arthur Ellis (England) | |
Schäfer ![]() Rahn ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–2 | ![]() |
Malmö Stadion, Malmö Toeskouers: 21 990 Skeidsregter: Joaquim Fernandes Campos (Portugal) | |
Rahn ![]() Seeler ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
6–1 | ![]() |
Olympiastadion, Helsingborg Toeskouers: 16 418 Skeidsregter: Arthur Ellis (England) | |
Dvořák ![]() Zikán ![]() ![]() Feureisl ![]() Hovorka ![]() ![]() |
Verslag | ![]() |
- Uitspeelwedstryd
17 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–1 (e.t.) | ![]() |
Malmö Stadion, Malmö Toeskouers: 6 196 Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk) | |
McParland ![]() ![]() |
Verslag | ![]() |
Groep 2
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
3 | 2 | 0 | 1 | 11 | 7 | +4 | 4 |
![]() |
3 | 1 | 2 | 0 | 7 | 6 | +1 | 4 |
![]() |
3 | 1 | 1 | 1 | 9 | 12 | –3 | 3 |
![]() |
3 | 0 | 1 | 2 | 4 | 6 | –2 | 1 |
- Frankryk het bo Joego-Slawië geëindig weens doelverhouding.
8 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
7–3 | ![]() |
Idrottsparken, Norrköping Toeskouers: 16 500 Skeidsregter: Juan Garay Gardeazabal (Spanje) | |
Fontaine ![]() ![]() ![]() Piantoni ![]() Wisnieski ![]() Kopa ![]() Vincent ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() |
8 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
1–1 | ![]() |
Arosvallen, Västerås Toeskouers: 9 500 Skeidsregter: Paul Wyssling (Switserland) | |
Petaković ![]() |
Verslag | ![]() |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
3–2 | ![]() |
Arosvallen, Västerås Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Benjamin Mervyn Griffiths (Wallis) | |
Petaković ![]() Veselinović ![]() ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
3–2 | ![]() |
Idrottsparken, Norrköping Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië) | |
Agüero ![]() Ré ![]() Parodi ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–1 | ![]() |
Eyravallen, Örebro Toeskouers: 13 500 Skeidsregter: Juan Brozzi (Argentinië) | |
Kopa ![]() Fontaine ![]() |
Verslag | ![]() |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
3–3 | ![]() |
Tunavallen, Eskilstuna Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Martin Macko (Tsjeggoslowakye) | |
Parodi ![]() Agüero ![]() Romero ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() |
Groep 3
![](../I/Liedholm_goal_Sweden_vs_Mexico_WC_1958.jpg.webp)
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 1 | +4 | 5 |
![]() |
3 | 0 | 3 | 0 | 2 | 2 | ±0 | 3 |
![]() |
3 | 1 | 1 | 1 | 6 | 3 | +3 | 3 |
![]() |
3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 8 | –7 | 1 |
- Wallis het bo Hongarye geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
8 Junie 1958 14:00 | ||||
![]() |
3–0 | ![]() |
Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Nikolaj Latychef (Sowjetunie) | |
Simonsson ![]() ![]() Liedholm ![]() |
Verslag |
8 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
1–1 | ![]() |
Jernvallen, Sandviken Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Jose Maria Codesal (Uruguay) | |
Bozsik ![]() |
Verslag | ![]() |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
1–1 | ![]() |
Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Leo Lemesic (Joego-Slawië) | |
Belmonte ![]() |
Verslag | ![]() |
12 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–1 | ![]() |
Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 40 000 Skeidsregter: John Alexander Mowat (Skotland) | |
Hamrin ![]() ![]() |
Verslag | ![]() |
15 Junie 1958 14:00 | ||||
![]() |
0–0 | ![]() |
Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Lucien van Nuffel (België) | |
Verslag |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
4–0 | ![]() |
Jernvallen, Sandviken Toeskouers: 13 300 Skeidsregter: Arne Eriksson (Finland) | |
Tichy ![]() ![]() Sándor ![]() Bencsics ![]() |
Verslag |
- Uitspeelwedstryd
17 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–1 | ![]() |
Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Nikolaj Latychef (Sowjetunie) | |
I. Allchurch ![]() Medwin ![]() |
Verslag | ![]() |
Groep 4
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 0 | +5 | 5 |
![]() |
3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 4 | ±0 | 3 |
![]() |
3 | 0 | 3 | 0 | 4 | 4 | ±0 | 3 |
![]() |
3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | –5 | 1 |
- Die Sowjetunie het bo Engeland geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
8 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
3–0 | ![]() |
Rimnersvallen, Uddevalla Toeskouers: 17 778 Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk) | |
Altafini ![]() ![]() Santos ![]() |
Verslag |
8 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–2 | ![]() |
Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 49 348 Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye) | |
Simonjan ![]() A. Iwanof ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
0–0 | ![]() |
Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 40 895 Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland) | |
Verslag |
- Dit is die eerste wedstryd sonder doele in die geskiedenis van die Sokker-Wêreldbekertoernooi.
11 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–0 | ![]() |
Ryavallen, Borås Toeskouers: 21 239 Skeidsregter: Carl Frederik Jorgensen (Denemarke) | |
Iljin ![]() W. Iwanof ![]() |
Verslag |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–2 | ![]() |
Ryavallen, Borås Toeskouers: 15 872 Skeidsregter: Jan Bronkhorst (Nederland) | |
Haynes ![]() Kevan ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–0 | ![]() |
Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 50 928 Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk) | |
Vavá ![]() ![]() |
Verslag |
- Uitspeelwedstryd
17 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
1–0 | ![]() |
Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 23 182 Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland) | |
Iljin ![]() |
Verslag |
Uitklopfase
![](../I/Hamrin1958.jpg.webp)
![](../I/Pel%C3%A9_vs_swedish_defenders_1958.jpg.webp)
Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
19 Junie – Malmö | ||||||||||
![]() |
1 | |||||||||
24 Junie – Gotenburg | ||||||||||
![]() |
0 | |||||||||
![]() |
1 | |||||||||
19 Junie – Solna | ||||||||||
![]() |
3 | |||||||||
![]() |
2 | |||||||||
23 Junie – Solna | ||||||||||
![]() |
0 | |||||||||
![]() |
2 | |||||||||
19 Junie – Norrköping | ||||||||||
![]() |
5 | |||||||||
![]() |
4 | |||||||||
24 Junie – Solna | ||||||||||
![]() |
0 | |||||||||
![]() |
2 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
19 Junie – Gotenburg | ||||||||||
![]() |
5 | 28 Junie – Gotenburg | ||||||||
![]() |
1 | |||||||||
![]() |
3 | |||||||||
![]() |
0 | |||||||||
![]() |
6 | |||||||||
Kwarteindrondte
19 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
4–0 | ![]() |
Idrottsparken, Norrköping Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Juan Garay Gardeazabal (Spanje) | |
Wisnieski ![]() Fontaine ![]() ![]() Piantoni ![]() |
Verslag |
19 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–0 | ![]() |
Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Reginald James Leafe (Engeland) | |
Hamrin ![]() Simonsson ![]() |
Verslag |
19 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
1–0 | ![]() |
Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Fritz Seipelt (Oostenryk) | |
Pelé ![]() |
Verslag |
19 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
1–0 | ![]() |
Malmö Stadion, Malmö Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Paul Wyssling (Switserland) | |
Rahn ![]() |
Verslag |
Halfeindrondte
24 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
2–5 | ![]() |
Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 27 000 Skeidsregter: Benjamin Mervyn Griffiths (Wallis) | |
Fontaine ![]() Piantoni ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
24 Junie 1958 19:00 | ||||
![]() |
1–3 | ![]() |
Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye) | |
Schäfer ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() |
FIFA se terugwerkende ranglys
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1958-toernooi is soos gevolg:
![](../I/1958_world_cup.png.webp)
Kampioen
Tweede plek
Derde plek
Vierde plek
Kwarteindrondte
Groepfase
Geen deelname
![](../I/lossy-page1-220px-Gilmar%252C_Vicente_Feola_e_Belini_com_a_ta%C3%A7a_da_Copa_do_Mundo_(1958).tif.jpg.webp)
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | ![]() | 4 | 6 | 5 | 1 | 0 | 16 | 4 | +12 | 11 |
2 | ![]() | 3 | 6 | 4 | 1 | 1 | 12 | 7 | +5 | 9 |
3 | ![]() | 2 | 6 | 4 | 0 | 2 | 23 | 15 | +8 | 8 |
4 | ![]() | 1 | 6 | 2 | 2 | 2 | 12 | 14 | −2 | 6 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | ![]() | 3 | 5 | 1 | 3 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 5 |
6 | ![]() | 4 | 5 | 2 | 1 | 2 | 5 | 6 | −1 | 5 |
7 | ![]() | 1 | 5 | 2 | 1 | 2 | 6 | 10 | −4 | 5 |
8 | ![]() | 2 | 4 | 1 | 2 | 1 | 7 | 7 | ±0 | 4 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
9 | ![]() | 1 | 4 | 1 | 1 | 2 | 9 | 6 | +3 | 3 |
10 | ![]() | 3 | 4 | 1 | 1 | 2 | 7 | 5 | +2 | 3 |
11 | ![]() | 4 | 4 | 0 | 3 | 1 | 4 | 5 | –1 | 3 |
12 | ![]() | 2 | 3 | 1 | 1 | 1 | 9 | 12 | −3 | 3 |
13 | ![]() | 1 | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 10 | −5 | 2 |
14 | ![]() | 2 | 3 | 0 | 1 | 2 | 4 | 6 | −2 | 1 |
15 | ![]() | 4 | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | −5 | 1 |
16 | ![]() | 3 | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 8 | −7 | 1 |
Meeste doele aangeteken
Meeste doele aangeteken:[1]
|
|
![]() Just Fontaine |
Verwysings
- (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2021. Besoek op 28 Februarie 2021.
- (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
- (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.
Verdere leesstof
- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958. |
- (en) fifa.com: Sweden 1958: Brazil’s time comes
- (en) worldcup-history.com: Sweden, 1958
- (en) rsssf.com: World Cup 1958