FIFA
Die Internasionale Federasie vir Voetbal Assosiasie (Frans: Fédération Internationale de Football Association; Spaans: Federación Internacional de Fútbol Asociación; Duits: Internationaler Verband des Association Fußball), algemeen bekend as FIFA, is die internasionale beheerliggaam vir sokker. Hulle hoofkantoor is in Zürich, Switserland, en die huidige president is Gianni Infantino. FIFA is verantwoordelik vir die organisasie en beheer van die hoof voetbalgeleenthede, onder andere die FIFA Sokker-Wêreldbeker, wat sedert 1930 aangebied word.
FIFA | |
---|---|
Kenteken van die FIFA | |
Franse naam | Fédération Internationale de Football Association |
Engelse naam | International Federation of Association Football |
Spaanse naam | Federación Internacional de Fútbol Asociación |
Duitse naam | Internationaler Verband des Association Fußball |
Land | wêreldwyd |
Sportsoorte | Sokker |
Gestig op | 21 Mei 1904 |
Gestig in | Parys, Frankryk |
President | Gianni Infantino |
Adjunkpresidente | Salman bin Ibrahim Al Khalifa (AFC) Aleksander Čeferin (UEFA) Alejandro Domínguez (CONMEBOL) Patrice Motsepe (CAF) Victor Montagliani (CONCACAF) Sándor Csányi Lambert Maltock (OFC) |
Sekretaris-generaal | Fatma Samoura |
Konfederasies | AFC, CAF, CONCACAF, CONMEBOL, OFC, UEFA |
Setel | Zürich, Switserland |
Lede | 211 |
Affiliasie | Internasionale Olimpiese Komitee |
Amptelike tale | Arabies, Engels, Frans, Duits, Italiaans en Spaans |
Amptelike webwerf | fifa.com |
FIFA het 211 assosiasielede – 18 meer as die Verenigde Nasies. Die amptelike tale is Arabies, Engels, Frans, Duits, Italiaans en Spaans.
Konfederasies
FIFA het ses konfederasies as lid, naamlik:
Presidente en adjunkpresidente
Presidente | ||
---|---|---|
Naam | Nasionaliteit | Termyn |
Robert Guérin | Frankryk | 1904–1906 |
Daniel Burley Woolfall | Engeland | 1906–1918 |
Jules Rimet | Frankryk | 1921–1954 |
Rodolphe William Seeldrayers | België | 1954–1955 |
Arthur Drewry | Engeland | 1955–1961 |
Sir Stanley Rous | Engeland | 1961–1974 |
João Havelange | Brasilië | 1974–1998 |
Sepp Blatter | Switserland | 1998–2016 |
Gianni Infantino | Switserland | 2016–hede |
Adjunkpresidente | ||
---|---|---|
Naam | Nasionaliteit | Termyn |
Ebbe Schwartz | Denemarke | 1954–1962 |
Gustav Wiederkehr | Switserland | 1962–1972 |
Artemio Franchi | Italië | 1972–1983 |
Jacques Georges | Frankryk | 1983–1990 |
Lennart Johansson | Swede | 1990–2007 |
Michel Platini | Frankryk | 2007–2015 |
Sekretarisse-generaal
Naam | Nasionaliteit | Termyn |
---|---|---|
Louis Muhlinghaus | België | 1904–1906 |
Carl Anton Wilhelm Hirschmann | Nederland | 1906–1931 |
Ivo Schricker | Duitsland | 1932–1951 |
Kurt Gassmann | Switserland | 1951–1961 |
Helmut Käser | Switserland | 1961–1981 |
Sepp Blatter | Switserland | 1981–1998 |
Michel Zen-Ruffinen | Switserland | 1998–2002 |
Urs Linsi | Switserland | 2002–2007 |
Jérôme Valcke | Frankryk | 2007–2016 |
Fatma Samoura | Senegal | 2016–hede |
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie FIFA.
- (ar) (de) (en) (es) (fr) (it) FIFA se amptelike webtuiste
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.