FC Memmingen
FC Memmingen is 'n sokkerklub uit Memmingen in die deelstaat Beiere in Duitsland.
![]() | |
Volledige naam | Fußball-Club Memmingen 07 e.V. |
Stigtingsdatum | 30 Mei 1907 |
Tuisveld | Stadion an der Bodenseestraße, Memmingen |
Kapasiteit | 7 000 |
Kompetisie | Oberliga Beiere |
Die klub het begin as die sokkerafdeling van Memminger Turnvereins, wat op 30 Mei 1907 gestig is. In 1924 het die sokkerafdeling afgestig as FC Memmingen.
In die 1996/97-seisoen het die span 'n uitspeelwedstryd om promosie na die Regionalliga gespeel teen Kickers Offenbach. Net voor die einde was Memmingen nog voor met 3-2, toe die stadion se ligte skielik die gees gegee het. Die wedstryd is toe oorgespeel en Memmingen het die oorspeelwedstryd verloor, wat beteken het dat Offenbach gepromoveer het ten koste van Memmingen.
Die klub se tuisveld, die Stadion an der Bodenseestraße in Memmingen is tussen 2006 en 2007 herontwikkel en die stampvol “nuwe” stadion is op 28 Julie 2007 ingewy in 'n wedstryd teen die klub se aartsvyand, FC Kempten (0-0).
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Regionalliga Suid 2010/11-seisoen | |
SV Darmstadt 98, Eintracht Frankfurt II, FSV Frankfurt II, SC Freiburg II, SG Sonnenhof Großaspach, SpVgg Greuther Fürth II, TSG 1899 Hoffenheim II, Karlsruher SC II, | |