FC Eintracht Norderstedt
FC Eintracht Norderstedt is 'n sokkerklub uit Norderstedt in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Norderstedt is net noord van Hamburg geleë en die klub ding dus mee in die Hamburg-ligas.
Volledige naam | Fußballclub Eintracht Norderstedt 2003 e.V. |
Stigtingsdatum | 1912 |
Tuisveld | Edmund Plambeck-stadion, Norderstedt |
Kapasiteit | 5 068 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
Die klub is se eerste voorganger was SV Eintracht Garstedt, wat op 2 November 1945, net na die Tweede Wêreldoorlog, opgerig is. In 1970 is die stad Norderstedt gestig met die samevoeging van verskeie dorpe en voorstede, onder meer Garstedt. 1. SC Norderstedt is op 1 Julie 1972 gestig en SV Eintracht Garstedt is by die klub ingelyf. Teen die einde van 2003 het 1. SC Norderstedt se sokkerafdeling ontbind. Die sokkerspelers het toe 'n nuwe klub op die been gebring genaamd FC Eintracht Norderstedt.
Die klub het sy beste jare gedurende die 1980’s en 1990’s gehad, toe daar op die derde vlak in die Amateur oberliga en Regionalliga meegeding is. In 1993 het die klub verrassend die uitspeelwedstryde om promosie na die 2. Bundesliga gehaal, maar was onsuksesvol.
Onlangse ligaposisionering
1.SC Norderstedt
|
FC Eintracht Norderstedt
|
Eksterne skakels
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |