FAQ
'n FAQ (Engels vir Frequently Asked Questions) is 'n lys van algemene kwelvrae met antwoorde oor 'n bepaalde onderwerp.
Baie webwerwe gebruik FAQ-lyste om besoekers se gereelde vrae te beantwoord.
Nuusgroepe op die internet wat oor 'n spesifieke onderwerp handel gebruik dikwels 'n FAQ om beginnersvrae te antwoord, sodat die ander gebruikers nie herhaaldelik dieselfde vrae hoef te antwoord nie.
Voorbeeld
FAQ-lyste gebruik meestal die volgende struktuur:
- V. Die motor begin nie.
- A. Daar kan verskeie oorsake wees, kyk na die volgende...
Waar V: staan vir die vraag en die A: vir die antwoord (in Engels Q: vir question en A: vir answer).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.