F
Die letter F, f is die sesde letter van die moderne Latynse alfabet. Die Etruskers word as die uitvinders van hierdie letter beskou. Dit het in sowel Etruskies as Grieks die /w/-klank aangedui en is "digamma" ("dubbele gamma", of twee Γ's op mekaar) genoem. Dit het vanweë klankverandering verdwyn. Die F in Semities, wâw, is vir /v/ én /w/ gebruik en het dalk oorspronklik 'n haak voorgestel.
Latynse letter F | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Latynse alfabet | ||||||
A | B | C | D | E | F | G |
H | I | J | K | L | M | N |
O | P | Q | R | S | T | U |
V | W | X | Y | Z |
- Hierdie artikel handel oor die Latynse letter F. Vir ander betekenisse sien F (dubbelsinnig).
In Navo se internasionale spellingsalfabet word F uitgespreek met die woord "Foxtrot".
Egiptiese hiëroglief F / W |
Semities wâw |
Fenisies F / W |
Etruskies F |
Grieks Digamma (F) |
Latyns-Romeins F | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie F.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.