Excelsior, Vrystaat
Excelsior is 'n dorpie en 'n klein plaasgemeenskap in die Vrystaat, Suid-Afrika. Die dorpie is 55 km suidwes van Clocolan.
Excelsior | |
---|---|
![]() ![]() Excelsior ![]() | |
Koördinate: 28°56′23″S 27°3′37″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Thabo Mofutsanyane |
Munisipaliteit | Mantsopa |
Stigting | 1910 |
Oppervlak | |
• Totaal | 13,0 km2 (5,0 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 339 |
• Digtheid | 488/km2 (1 260/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 0.3% |
• Swart mense | 94.3% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 87.8% |
• Afrikaans | 5.8% |
• Gebaretaal | 2.0% |
• Engels | 1.7% |
• Ander | 2.6% |
Poskode (strate) | 9760 |
Poskode (posbusse) | 9760 |
Skakelkode | 051 |
Geskiedenis
Dit is in 1910 gestig deur boere wat 'n dorp nader aan hulle wou hê as Winburg en Ladybrand. Die boere het reeds in 1908 twee plase, Sunlight en Excelsior, gekoop om 'n dorp te stig. Die regering was die plan goedgesind en op 18 Mei 1910 is die eerste erwe verkoop. Die NG Kerk is in 1925 voltooi volgens die plan van die Paarlse argitek Wynand Louw. Die eerste predikant was ds. J.P.H. Steyn in 1912.
Sien ook
Bronne
- Som van die hoofplekke Excelsior en Mahlatswetsa 2011-sensus.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.