Evangelie
'n Evangelie is 'n geskrif wat 'n beskrywing bied van die lewe, bediening, dood, begrafnis en opstanding van Jesus. Die woord word hoofsaaklik gebruik om te verwys na die vier kanonieke evangelies: die Evangelie volgens Matteus, Evangelie volgens Markus, Evangelie volgens Lukas en die Evangelie volgens Johannes, alhoewel die benaming ook vir nie-kanonieke geskrifte aangewend word soos die Evangelie van Tomas. Die benaming "evangelie" verwys ook na die boodskap self, soos saamgevat deur die vier evangelies, of deur die hele Nuwe Testament. Die woord "evangelie" kom van die Griekse woord "euangelion" (εὐαγγέλιον) wat 'goeie (blye) boodskap' beteken.
![](../I/P52_recto.jpg.webp)
Die sogenaamde P52: 'n papirusfragment uit 'n kodeks van ongeveer 90-160 n.C.. Die fragment is een van die eerste bekende manuskripte van die Nuwe Testament.
Nuwe Testamentiese apokriewe
Die volgende Evangelies vorm nie deel van die Bybel nie en het slegs Apokriewe waarde:
- Evangelie van die Ebioniete
- Evangelie van die Hebreërs
- Evangelie van Nikodemus
- Evangelie van Petrus
- Kindheidsevangelie van Tomas
- Proto-Evangelie van Jakobus
- Evangelie van Maria
- Evangelie van Filippus
- Evangelie van Tomas
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Gospels. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.