Europese wildekat
Die Europese wildekat (Felis silvestris silvestris) is ’n subspesie van die wildekat wat in die woude van Wes-, Sentraal-, Oos- en Suid-Europa voorkom, asook in Skotland, Turkye en die Kaukasusgebergte.
Europese wildekat | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. silvestris |
Subspesie: | F. s. silvestris |
Trinomiale naam | |
Felis silvestris silvestris Von Schreber, Johann Christian Daniel, 1775 | |
Min of meer die verspreidingsgebied van die Europese wildekat. |
Die Europese wildekat is baie stewiger as sy Afrika-eweknie en die huiskat. Die dik pels en die grootte maak ’n onderskeid gewoonlik maklik. Anders as die huiskat, is die Europese wildekat bedags aktiewer as snags.
Status
Wildekatte was algemeen in die Pleistoseen-tydperk van 2 588 000 tot 11 700 v.C; toe die ys smelt het hulle aangepas by ’n lewe in die digte woude. In die meeste Europese lande het hulle skaars geword en hoewel hulle beskerm word, word hulle steeds soms deur mense geskiet wat hulle vir huiskatte aansien. In die Skotse Hoogland, waar vermoedelik sowat 400 wildekatte in die natuur oor is, hou inteling met huiskatte ’n aansienlike bedreiging vir die wildekatte in.[1] Ook in Spanje en Portugal, die Wes-Europese lande waar die meeste wildekatte voorkom, word hul voortbestaan bedreig deur inteling en die verdwyning van hul habitat. In die oostelike dele soos die Oekraïne, Moldowa en die Kaukasus vind min verbastering plaas.[2]
Verwysings
- Scottish Wildcats
- "European Wildcat" (in Engels). IUCN/SSC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op 2 Januarie 2007.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Felis silvestris silvestris. |
- Scottish Wildcat Association
- Kreiszeitung: Wildkatzen rücken nach Norden vor (in Duits)
- Discoverwildlife.com: Foto's deur Fabrice Cahez Geargiveer 23 Maart 2012 op Wayback Machine
Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia