Europese Grand Prix

Die Europese Grand Prix is die naam wat aan verskeie Formule Een-kampioenskapswedrenne gegee word wat by verskillende renbane in Europa plaasvind.

Die Bakoe-straatrenbaan wat in 2016 die Europese Grand Prix gehuisves het.

Die Europese Grand Prix is gedurende die mid-1980's ingestel en gereeld gehou vanaf 1999 tot 2012. 'n Onlangse gasheer vir hierdie geleentheid was die Valencia Straatbaan in Valencia, Spanje, wat die ren van 2008 tot 2012 aangebied het.

Die wedren is van die kalender verwyder in 2013, maar is hervat in 2016, hierdie keer aangebied op die nuwe Bakoe-straatrenbaan in Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan. Laasgenoemde wedren staan egter vanaf die 2017 Formule Een-seisoen bekend as die Azerbeidjanse Grand Prix, en nie meer as die Europese Grand Prix nie.

Vorige wenners van die Grand Prix (1983-2016)

Jaar Renjaer Vervaardiger Plek gehou Verslag
2016 Nico Rosberg Vlag van Duitsland Mercedes Bakoe Verslag
Tussen 2013 en 2015 is die Europese Grand Prix nie aangebied nie.
2012 Fernando Alonso Ferrari Valenciastraatbaan Verslag
2011 Sebastian Vettel Red Bull-Renault Valenciastraatbaan Verslag
2010 Sebastian Vettel Red Bull-Renault Valenciastraatbaan Verslag
2009 Rubens Barrichello Braun-Mercedes Valenciastraatbaan Verslag
2008 Felipe Massa Ferrari Valenciastraatbaan Verslag
2007 Fernando Alonso McLaren-Mercedes Nürburgring GP-Strecke Verslag
2006 Michael Schumacher Ferrari Nürburgring GP-Strecke Verslag
2005 Fernando Alonso Renault Nürburgring GP-Strecke Verslag
2004 Michael Schumacher Ferrari Nürburgring GP-Strecke Verslag
2003 Ralf Schumacher Williams-BMW Nürburgring GP-Strecke Verslag
2002 Rubens Barrichello Ferrari Nürburgring GP-Strecke Verslag
2001 Michael Schumacher Ferrari Nürburgring GP-Strecke Verslag
2000 Michael Schumacher Ferrari Nürburgring GP-Strecke Verslag
1999 Johnny Herbert Stewart-Ford Nürburgring GP-Strecke Verslag
In 1998 is die Europese Grand Prix nie aangebied nie.
1997 Mika Häkkinen McLaren-Mercedes Jerez Verslag
1996 Jacques Villeneuve Williams-Renault Nürburgring GP-Strecke Verslag
1995 Michael Schumacher Benetton-Renault Nürburgring GP-Strecke Verslag
1994 Michael Schumacher Benetton-Ford Jerez Verslag
1993 Ayrton Senna McLaren-Ford Donington Park Verslag
Tussen 1986 en 1992 is die Europese Grand Prix nie aangebied nie.
1985 Nigel Mansell Williams-Honda Brands Hatch
1984 Alain Prost McLaren-TAG Nürburgring GP-Strecke
1983 Nelson Piquet Brabham-BMW Brands Hatch
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.