EuroBasket 2011
Die Europese Korfbal-kampioenskap EuroBasket 2011 is die 37ste kontinentale korfbalwedstryd vir mans wat deur die FIBA Europa, die Europese afdeling van die Internasionale Korfbalfederasie FIBA, georganiseer word. Die gasheerland is Litaue.
EuroBasket 2011
37ste Europese FIBA-korfbalkampioenskap vir mans
Gasheerland
Litaue
Datum
31 Augustus - 18 September
Deelnemende spanne
24 (van 49 federasies)
Amptelike webtuiste
www.eurobasket2011.com Geargiveer 23 Mei 2011 op Wayback Machine
Dit is al die tweede Eurobasket-kampioenskap wat in diƩ Baltiese land gehou word, en die eerste sedert Litaue se onafhanklikwording in 1990. Litaue het reeds in 1939 die Europese korfbalkampioenskap georganiseer. Die twee topspanne kwalifiseer outomaties vir die Olimpiese Somerspele 2012.