Eurasiese Plaat

Die Eurasiese Plaat is een van die grootste tektoniese of kontinentaalplate van die Aarde. Dit bevat byna die hele vasteland van Europa en Asië, met uitsondering van die Indiese subkontinent en die Verre Ooste van Rusland. Die Eurasiese Plaat dra ook Indonesië, die Filippyne, die suide van Japan en 'n deel van Ysland, asook die oostelike helfte van die Noord-Atlantiese Oseaan en groot dele van die Noordelike of Arktiese Oseaan.

 Die Eurasiese Plaat word in groen aangedui

Die Eurasiese Plaat grens kloksgewys aan die Noord-Amerikaanse Plaat, die Filippynse Plaat, die Australiese Plaat, die Indiese Plaat, die Arabiese Plaat en die Afrikaanse Plaat. Moontlik bestaan daar in die oorgangsgebiede tussen die groot plate 'n aantal kleiner plate; hiervoor is egter nog geen wetenskaplike bewys gelewer nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.