Euphorbiaceae

Euphorbiaceae is die naboom-familie wat hoort tot die orde Malpighiales. Hierdie is 'n groot familie en in Suid-Afrika is die bekendste genus Euphorbia, die vetplantagtige, melkerige, doringe plante. Die plante word dikwels verkeerdelik kaktusse genoem. Lede van die familie word herken aan die drie-lobbige vrugte, enkelvoudige blare en melkerige sap wat afgeskei word wanneer dit beskadig word. Die sap kan soms ook giftig wees. Wêreldwyd hoort daar 7,500 spesies tot die familie waarvan ongeveer 400 in Suider-Afrika voorkom en 100 is bome.

Euphorbiaceae
Aleurites moluccana
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Euphorbiaceae

Juss.
Subfamilies
  • Acalyphoideae
  • Crotonoideae
  • Euphorbioideae

Ens.

Spesies

Van die Suid-Afrikaanse spesies is:

Sien ook

Bronne

  • Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
  • Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.