Ethan Hawke

Ethan Green Hawke (gebore 6 November 1970)[1] is ’n Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur. Hy is vir vier Oscars benoem as beide akteur en skrywer, asook ’n Tony. Hy was die regisseur van twee rolprente, drie Off-Broadway-toneelstukke en ’n dokumentêr, en het die romans The Hottest State (1996) en Ash Wednesday (2002) geskryf.

Ethan Hawke
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Hawke in 2009 by die Venesiese Rolprentfees.

Geboortenaam Ethan Green Hawke
Geboorte 06 November 1970 (1970-11-06)

Hawke het sy rolprentdebuut in 1985 gemaak in die wetenskapsfiksieprent Explorers, en bekend geraak ná sy verskyning in die drama Dead Poets Society (1989).

Verwysings

  1. "Ethan Green Hawke - Texas, Birth Index". FamilySearch (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 13 Desember 2014.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.