Eter (mitologie)
Eter (Grieks: Αἰθήρ) was in die Griekse mitologie die seun van die heel eerste god, Chaos, die leemte waaruit die heelal ontstaan het. In Hesiodus se Teogonie was hy egter die seun van Erebos en Nyx.
Eter | |
---|---|
Griekse oergod | |
Naam | Eter |
God van | lug, ruimte en hemel |
Blyplek | Atmosfeer |
Ouers | Erebos en Nyx (Hesiodus) of Chronos en Ananke (mistiese liedere) of Chaos (Ovidius, Hyginus) |
Kinders | Gaia, Talassa, Uranos, Ergia |
Eter is die verpersoonliking van die lug, ruimte en hemel. Hy het verskeie kinders gehad, onder andere Ergia, ’n godin van traagheid en luiheid by Gaia. Nes Tartaros en Erebos het hy wel altare gehad, maar geen tempels of kultus nie.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Aether (deity)
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.