Esther Mentz
Esther Mentz was 'n Suid-Afrikaanse operasangeres en aktrise. Mentz maak haar rolprentdebuut in 1944 in Donker Spore, een van die eerste vollengte Afrikaanse films. Sy was die vrou van die voormalige direkteur-generaal van die SAUK en stigterslid van die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (Samro), dr. Gideon Roos.[2]
Esther Mentz | |
Geboorte | 8 Januarie 1911 Edenville, Vrystaat |
---|---|
Sterfte | 19 November 1986 (op 75) VSA |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Aktrise, operasangeres |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |

Verfilming aan die rolprent Pinkie se Erfenis, 1944. Pierre de Wet vertolk die rol van die kreupel Pinkie wat verlief raak op ’n blinde meisie, Naomi (Paula Styger). Van links: Styger, Eugenie Heyns, Pierre de Wet en Esther Mentz.

Esther Mentz en Chris Lessing by lede van die Asaf-koor in Carmen in 1946, die eerste keer dat 'n opera in Afrikaans in Johannesburg opgevoer is. Haar man, dr. Gideon Roos het die opera vertaal en dis op 23 en 27 Maart opgevoer. Die dirigent was John Connel.[1]
Filmografie
- Donker spore, 1944
- Pikkie se erfenis, 1946
- 'n Plan is 'n boerdery, 1954
- Matieland, 1955
- Vadertjie langbeen, 1955 as Me. de Beer
- Piet se tante, 1959
- En die vonke spat, 1961 as Chrissie
Verwysings
- (af) Stead, Rinie in Lantern, Desember 1963.
- (en) Biografie
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.