Estcourt
Estcourt is 'n dorp in die weste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp lê 1 196 m bo seevlak in die heuwelagtige landskap wat die meeste van die KwaZulu-Natal Middeland oorheers. Die Drakensberg lê ongeveer 40 km wes van die dorp. In 2011 het die dorp 'n bevolking van 22 000 gehad.
Estcourt | |
---|---|
Estcourt se spoorwegstasie | |
Estcourt Estcourt se ligging in KwaZulu-Natal | |
Koördinate: 29°0′0″S 29°53′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Uthukela |
Munisipaliteit | Umtshezi |
Stigting | 1848 |
Oppervlak | |
• Totaal | 60,74 km2 (23,45 vk. myl) |
Hoogte | 1 196 m (3 924 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 22 071 |
• Digtheid | 363/km2 (940/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.3% |
• Indiërs/Asiërs | 20.5% |
• Bruin mense | 4.4% |
• Swart mense | 68.8% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 60.9% |
• Engels | 31.9% |
• Afrikaans | 2.4% |
• Ndebele | 1.1% |
• Ander | 3.7% |
Poskode (strate) | 3310 |
Poskode (posbusse) | 3310 |
Skakelkode | 036 |
Geskiedenis
Toe die pad vanaf Durban na Johannesburg nog net 'n ou waspoorpad was het die pad die Boesmansrivier hier by die drif naby Estcourt oorgesteek. Gou het 'n herberg en 'n winkel verrys gevolg deur 'n smidswinkel. In die 1840's is 'n militêre pos bygevoeg. 'n Dorp is hier by die drif uitgelê op 7 Januarie 1848 en was eers bekend as Boemansdrif. In 1863 is die dorp tot Escourt herdoop ter ere van Thomas Escourt.
In 1873, na die opstand van Langalibalele, was Fort Durnford net bo die Boesmansrivierdrif gebou. Deesdae is die fort 'n museum.[2]
Distrik
Die distrik is 3 550 km2 groot, waterryk en is goeie bees- en suiwelwêreld. Mielies is die belangrikste gewas wat verbou word. Daar is 'n groot varkverwerkings- en verskeie ander vervaardigingsaanlegte in die dorp.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Estcourt". Sensus 2011.
- "Durnford Fort Museum". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2013. Besoek op 6 Februarie 2014.
Bronne
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4