Espírito Santo
Espírito Santo (uitgespreek as [isˈpiɾitu ˈsɐ̃tu]) is een van die 26 state van Brasilië. Die hoofstad is Vitória, met 'n bevolking van 313 312 (2005).
| |||||
Sien ander Brasiliaanse state | |||||
Leuse: Trabalha e Confia (Portugees) Werk en Vertroue | |||||
Land | Brasilië | ||||
Hoofstad | Vitória | ||||
Grootste stad | Vila Velha | ||||
Oppervlakte | 46 077 km² | ||||
Bevolking - Totaal - Digtheid |
3 464 285 (2006) 75,2 inw./km² | ||||
Goewerneur | Paulo César Hartung Gomes | ||||
Visegoewerneur | Ricardo Ferraço | ||||
MOI (2005) | 0,802 – hoog | ||||
Tydsone | UTC-3 |
Ligging
Espírito Santo is in die suidooste van die land geleë en word deur die deelstaat Minas Gerais in die weste, Rio de Janeiro in die suidweste, Bahia in die noorde en die Atlantiese Oseaan in die ooste begrens.
Demografie
Etniese groepe
Die blanke bevolking van Espírito Santo was in die 1940's tussen 70-80%, maar baie bruin en swartmense van Bahia het geïmmigreer na Espírito Santo na die Tweede Wêreldoorlog. Die grootste Etniese groep in die staat is Italiaans.
Etniese groep | Persent | Bevolking |
Wit | 42,20% | 1 489 660 |
Bruin | 48,60% | 1 715 580 |
Swart | 8,50% | 300 050 |
Ander | 0,40% | 24 710 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Espírito Santo. |
Deelstate van Brasilië | |
---|---|
Distrito Federal |