Ernest Ullmann
Die Suid-Afrikaanse ontwerper, skilder en beeldhouer Ernest Ullmann is in 1900 in München gebore. Hy het sy kunsopleiding in München, Berlyn, Italië en Frankryk ontvang. Van 1920 tot 1927 was hy kunsredakteur van die Rusland post en daarna was hy 8 jaar lank 'n ontwerper in Berlyn.
Ernest Ullmann | |
---|---|
Gebore | 1900 München, Beiere, Duitse Keiserryk |
Sterf | 1975 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Veld | Ontwerper, skilder en beeldhouer |
Hy was reeds ’n gevestigde kunstenaar toe hy in 1935 na Suid-Afrika verhuis het. Hy het hom in Johannesburg gevestig, waar hy gou 'n bekende kunstenaar geword het. Van 1938 tot 1945 was hy kunsredakteur van The forum.
Ernest Ullmann het verskeie belangrike opdragte uitgevoer, waaronder tapisserieë vir die Suid-Afrikaanse ambassade in Parys, muurskilderings en beeldhouwerk in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria, en het die uitstallingspaviljoen vir die Van Riebeeckfees (1952) ontwerp. Hy het onder meer in München, Berlyn, Wiesbaden, Parys, Londen, Genève, by die Van Riebeeckfees in Kaapstad (1952), die Rhodes-eeufees in Bulawayo (1953) en die Republiekfees (1966) in Pretoria uitgestal. Hy is in 1975 oorlede.
Bronnelys
- Wêreldpsektrum, 1928, ISBN 0-908409-68-0, volume 27, bl. 215