Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk
Die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk is ’n Oriëntaal-Ortodokse kerk met sy hoofkwartier in Asmara, Eritrea.
Dié kerk en die Oriëntaal-Ortodokse kerk in Ethiopië was tradisioneel bekend as Ortodokse Tewahedo. Ná Eritrea se onafhanklikwording in 1993 het die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk outokefaal geword en amptelik afgestig van die kerk wat sedertdien as die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk bekend staan.[1]
Verwysings
- "The Eritrean Orthodox Church". CNEWA (in Engels (VSA)). Besoek op 8 April 2021.
Skakels
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.