Erich Mayer

Erich Ernst Karl Mayer (1876-1960) was 'n Suid-Afrikaanse skilder.

Vroeë lewe

Hy is in Karlsruhe, Duitsland gebore en in is Berlyn opgevoed. Hy kon nie bekostig om sy passie uit te leef en kuns formeel te bestudeer nie. Hy het 'n beurs gekry om die argitektuur te bestudeer maar was ongelukkig geknel deur 'n siekte wat hom vir twee jaar byna buite aksie gestel het en hy moes sy studies staak in 1896.

In Suid-Afrika

In 1898 kom hy na Suid-Afrika in 'n poging om in die beter klimaat aan te sterk. Hy kry werk op Vrede in die Oranje-Vrystaat as 'n landmetersassistent.

Hy skets tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog gereeld boere waar hy deel van 'n boerekommando was. Hy word gevang en as krygsgevangene weggevoer.

In 1912 vestig hy hom in Pretoria. Hy het veral roem verwerf met sy noukeurige en simpatieke weergawe van die lewe van die boer in die binneland. Hy is in 1960 in Pretoria oorlede.

Sien ook

Bronnelys

  • KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2900-2904,  ISBN 0 7981 0836 3

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.