Epos
'n Epos (Grieks; meervoud: eposse of epe) of heldedig is 'n uitgebreide, poëtiese relaas oor die avonture van 'n held of soortgelyke figuur. Dit kan ook oor 'n legendariese gebeurtenis handel, soos die Ilias van Homeros.
- Vir elektroniese pos, sien E-pos.
Twee prominente voorbeelde in Afrikaans is:
- Raka deur N.P. van Wyk Louw
- Joernaal van Jorik deur D.J Opperman
Etimologie
Die oorsprong van die woord epos lê in die Oudgriekse woord 'ἔπος', épos, wat vertaal kan word as bewering, raad, wens, bevel, voorskrif, gerug, lied, epiese versreël of selfs orakel. Die Griekse woord "ἔπος"; is verwant aan die onvolledige werkwoord 'εἶπον', eîpon, wat vertaal kan word as spreek of sê.
Bibliografie
- Jan de Vries: Heroic Song and Heroic Legend ISBN 0-405-10566-5.
- Hashmi, Alamgir (2011). "Eponymous Écriture and the Poetics of Reading a Transnational Epic". Dublin Quarterly, 15.
- Frye, Northrop (2015) [1957]. Anatomy of Criticism. Princeton, NJ: Princeton University Press. ISBN 978-1-4008-6690-8.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Epos.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir epos.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.