Entebbe
Entebbe is groot dorp in Sentraal-Uganda, geleë aan die noordelike oewer van Victoriameer. Dit is 37 kilometer suidwes van die Ugandese hoofstad Kampala en net noord van die ewenaar geleë. Die Entebbe Internasionale Lughawe is hier geleë. Entebbe het bekend geword tydens Operasie Entebbe op 3/4 Julie 1976. Entebbe huisves ook die staatshuis, die amptelike setel van die president van Uganda. Tydens die Britse koloniale bewind het Entebbe as hoofstad van Brits-Uganda gedien. Die naam van die stad is afgelei van die Luganda-word e ntebe wat "setel", "sitplek" of "stoel" beteken.
Entebbe | |
---|---|
Kerk in Entebbe | |
Entebbe | |
Koördinate: 0°03′0″N 32°27′36″O | |
Land | Uganda |
Streek | Sentraal-Uganda |
Distrik | Wakiso |
Regering | |
• Burgemeester | Vincent Kayanja |
Oppervlak | |
• Totaal | 56,2 km2 (21,7 vk. myl) |
• Water | 20 km2 (8 vk. myl) |
Hoogte | 1 180 m (3 870 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 69 958 |
Tydsone | UTC+03:00 (OAT) |
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Entebbe.
- (en) Toerisme-inligting oor Entebbe op Wikivoyage
- (en) "Entebbe". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Julie 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.