Enigmatiese Boek van die Onderwêreld

Die Enigmatiese Boek van die Onderwêreld is ’n Antieke Egiptiese begrafnisteks in twee dele wat in die grafkelder van farao Toetankamen ontdek is. Daar word vermoed die boek dek die skepping en hergeboorte van die son. Die ware betekenis van die boek is egter onseker weens die gebruik van kriptografiese illustrasies om die inhoud geheim te hou.

Die Enigmatiese Boek van die Onderwêreld is in drie dele verdeel wat ander begrafnistekste insluit, soos die Boek van die Dooies en die Amdoeat. Ander enigmatiese boeke is ontdek in die graftombes van Ramses IX en Ramses V.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.