Empangeni
Empangeni (ook bekend as eMpangeni) is 'n dorp in die ooste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp lê 160 km noord van Durban, en 23 km wes van Richardsbaai op die kus, aan die binneland langs die N2.
Empangeni | |
---|---|
Dorp | |
Straat in Empangeni | |
Empangeni Empangeni se ligging in KwaZulu-Natal | |
Koördinate: 28°45′S 31°54′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | King Cetshwayo |
Munisipaliteit | uMhlathuze |
Stigting | 1851 |
Oppervlak | |
• Totaal | 154,47 km2 (59,64 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 110 340 |
• Digtheid | 714/km2 (1 850/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.9% |
• Indiërs/Asiërs | 5.9% |
• Bruin mense | 0.8% |
• Swart mense | 91.3% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 84.5% |
• Engels | 7.9% |
• Afrikaans | 3.6% |
• Ander | 2.7% |
Poskode (strate) | 3880 |
Poskode (posbusse) | 3880 |
Skakelkode | 035 |
Geskiedenis
Die dorp het in 1851 ontstaan toe die Noorweegse Sendinggenootskap 'n stasie in die vallei van 'n stroompie met die naam Mpamgeni gestig het. Die sendingstasie is later na Eshowe geskuif maar 'n nuwe landdroskantoor is in 1894 op dieselfde plek geopen. Die noordkusspoorlyn het die dorp in 1903 bereik. Die eerste bloekomplantasies is in 1905 deur die staat aangeplant en die eerste suikermeule is in 1913 gebou. Empangeni is eers in 1931 amptelik tot dorpsgebied verklaar.
Omgewing
Empangeni is die kommersiële, nywerheids- en kommunikasiesentrum vir die distrik waar groot hoeveelhede hout en suikerriet verbou word. Die Enseleni-natuurreservaat is 14 km noordoos van die dorp.
Verwysings
- "Hoofplek Empangeni". Sensus 2011.
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Empangeni.