Emmarentia
Emmarentia is 'n boomryke, gevestigde en betreklik gegoede voorstad van Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika. Dis sowat 4 km noord van die stadsaal geleë. Dit word begrens deur Linden in die noorde, Greenside in die ooste, Melville in die suide en Roosevelt Park in die weste.
Emmarentia | |
---|---|
Emmarentia Emmarentia se ligging in Gauteng | |
Koördinate: 26°9′21.6″S 28°0′10.8″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,81 km2 (1,47 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 116 |
• Digtheid | 1 343/km2 (3 480/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 40,9% |
• Indiërs/Asiërs | 27,4% |
• Bruin mense | 2,5% |
• Swart mense | 26,1% |
• Ander | 3,0% |
Taal (2011) | |
• Engels | 67,2% |
• Afrikaans | 10,2% |
• Zoeloe | 5,5% |
• Tswana | 3,4% |
• Ander | 13,7% |
Poskode (strate) | 2195 |
Poskode (posbusse) | 2029 |
Die voorstad is op die welgestelde politikus en weldoener Lourens Geldenhuys, na wie die Laerskool Louw Geldenhuys in die aangrensende Linden genoem is, se plaas Braamfontein aangelê en genoem na sy vrou, Emmarentia. Die voorstad is op 28 April 1937 geproklameer en Uitbreiding 1 op 4 Julie 1945. Die ou Rustenburgpad, wat later die naam Barry Hertzogrylaan gekry het, skei Emmarentia en Greenside.
Demografie
Die voorstad, in die vorm van 'n agterstevoor sewe, beslaan vir sensusdoeleindes 3,81 km2 en het in 2011 'n inwonertal van 5 116 gehad van wie 41% wit was, 27% Indiërs en 26% swart.[1] Tien jaar vroeër was die bevolking in 'n ietwat groter gebied wat destyds ook die Johannesburgse Botaniese Tuin ingesluit het, 4 452, van wie 56,1% wit was, 28% swart en 13,4% Indies.[2] Engels was in albei gevalle die grootste huistaal, maar terwyl 60,2%[2] dit in 2001 as huistaal aangedui het, was dit in 2011 die huistaal van 67,2% van die inwoners. Afrikaans het teruggesak van die huistaal van 12,6%[2] van die inwoners in 2001 tot 10,2% in 2011.
Sien ook
Bron
- Potgieter, D.J. (red.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
Verwysings
- "Subplek Emmarentia". Sensus 2011.
- Subplek Emmarentia Sensus 2001.