Emfiseem

Emfiseem of chroniese obstruktiewe longsiekte is 'n longsiekte wat voorkom as die lugsakkies in die longe hulle elastisiteit verloor. Alveoli in die longe blaas op wat gaswisseling in die longe bemoeilik. Mense wat aan emfiseem ly vind dit moeilik om asem te haal.

Emfiseem
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Stukkie longweefsel van ’n emfiseemlyer.
’n Stukkie longweefsel van ’n emfiseemlyer.
ICD-10J40J44, J47
ICD-9490492, 494496
OMIM606963
DiseasesDB2672
MedlinePlus  000091
eMedicinemed/373emerg/99
MeSHC08.381.495.389
Mediese waarskuwing

Oorsake

Emfiseem word veral aangetref in gevalle van asma en chroniese brongitis waar die elastisiteit van die longe aangetas word. Rook is ook 'n groot oorsaak.

Simptome

Emfiseem gaan gepaard met kortasemheid. Later verkleur die lippe, tong en naels blou. Asemhalingbewegings van die ribbes word ook beperk en die volume lug wat in- en uitgeasem word, word ingekort. Emfiseem sal heel moontlik lei tot 'n vergrote hart en hartversaking.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.