Elton Jantjies
Elton Jantjies (gebore in Graaff-Reinet op 1 Augustus 1990) is 'n rugbyspeler wat vir die Goue Leeus in die Curriebeker speel en vir die Lions in Superrugby. Hy sluit in 2013 tydelik by die Stormers aan, weens die Lions se weglating uit Superrugby daardie jaar. Hy is ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2019.
| |||||
Volle naam | Elton Thomas Jantjies | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 1 Augustus 1990 | ||||
Geboorteplek | Graaff-Reinet, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,76 m | ||||
Massa | 88 kg | ||||
Skool | Hoërskool Florida | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel | ||||
Springbokno. | 819 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014–2018 2022 2023- |
NTT Shining Arcs NTT Red Hurricanes Agen |
32 1 11 |
(195) (0) (65) | ||
korrek soos op 2 Julie 2023. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2010–2021 | Goue Leeus | 51 | (538) | ||
korrek soos op 8 September 2021. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011– 2013 |
Lions → Stormers |
131 13 |
(1183) (11) | ||
korrek soos op 8 September 2021. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2010 2012– |
Junior Bokke Suid-Afrika |
5 46 |
(12) (331) | ||
korrek soos op 30 November 2022. |
Curriebekerrugby
Jantjies het sy reputasie as sleutelspeler verwerf toe hy al vyf sy doelskoppe, asook 'n verdere tien strafskoppe suksesvol oorgeskop het in die 2011 Curriebeker-halfeindronde en in die eindstryd. Hy is aangewys as Speler van die wedstryd na die oorwinning van 42-16 oor die Haaie.
Springbokloopbaan
Elton Jantjies was ingesluit in the Springbokgroep vir die 2010 toer na Brittanje en Ierland;[1] en vir die inkomende toer teen Engeland in 2012.[2]
Jantjies het egter eers opgedraf vir die Springbokke op Loftus in die 75ste minuut van die toetswedstryd teen Australië om 18h45 (SA tyd) op 29 September 2012, toe hy Johan Goosen vervang het. Dit besorg aan hom die eer om die Springbokbaadjie te dra vir sy spel as losskakel in die laaste vyf minute van die toetswedstryd.
In Junie 2016, na Patrick Lambie beseer is, word hy egter die 'Bokke se nommer-een losskakel tydens die inkomende Ierse toer.
Toetsdrieë
Drie | Teenstanders | Stad | Veld | Kompetisie | Datum | Uitslag |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Frankryk | Durban, Suid-Afrika | Kings Park | 17 Junie 2017 | Wen 37–15 | |
2 | Argentinië | Salta, Argentinië | Estadio Padre Ernesto Martearena | 2017-Rugbykampioenskap | 26 Augustus 2017 | Wen 41–23 |
Verwysings
Eksterne skakels
- Jantjies se Springbokprofiel
- Elton Jantjies by www.genslin.us/bokke
- ESPN Scrum profiel
- Jantjies se statistiek by itsrugby.co.uk