Elsevier
Elsevier is een van die grootste verskaffers van wetenskaplike, tegniese en mediese inligting ter wêreld. Dit is oorspronklik in 1880 gestig.[1][2] Dit is nou deel van die RELX Group,[3] tot in 2015 bekend as Reed Elsevier. Sy produkte sluit in tydskrifte soos The Lancet en Cell, die ScienceDirect-versameling elektroniese tydskrifte, die Trends- en die Current Opinion-reeks tydskrifte en die aanlyn databasis Scopus.
Elsevier | |
Tipe | Maatskappy |
---|---|
Gestig | 1880 |
Hoofkantoor | Amsterdam, Nederland |
Industrie | Inligting en ontleding |
Inkomste | £2,320 miljard (2016)[1] |
Moedermaatskappy | RELX Group |
Webwerf | elsevier.com |
Elsevier publiseer jaarliks sowat 420 000 artikels in 2 500 tydskrifte.[1] Sy argief bevat meer as 13 miljoen dokumente en 30 000 e-boeke.[4]
Verwysings
- "2016 RELX Group Annual Report" (PDF). RELX Group Company Reports. RELX Group. Maart 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Maart 2017.
- "Elsevier finds its one globe voice" (PDF).
- Reller, Tom. "RELX Group homepage".
- Reller, Tom. "Science Direct".
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elsevier.
- (en) Amptelike webwerf
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.