Elopidae
Die Springers (Elopidae) is 'n familie visse van die orde Elopiformes. Daar is slegs een genus met ses spesies in hierdie familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Elopidae | |
---|---|
![]() | |
Die Tienponder, Elops saurus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Elopidae |
Genus: | Elops Linnaeus, 1766 |
Spesies | |
Sien teks |
Kenmerke
Die familie se lywe is lank en silindries met 'n lang bo-kaak wat verby die oë strek. Die bekkenvin is meer agtertoe op die lyf, amper 'n pensvin en die stertvin is gevurk. Die familie word tot 1 m lank. Hulle word veral in baaie, strandmere en lagunes aangetref.
Genus
Die volgende genus en gepaargaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Elops
- Elops lacerta - Atlantiese springer
- Elops machnata - Springer
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.