Eloffsdal

Eloffsdal is 'n woonbuurt van Pretoria, sowat 4 km noord van Kerkplein. Die oorspronklike dorpsgebied is aangelê op die oostelike gedeelte van die plaas Daspoort, wat pres. Paul Kruger se skoonseun F.C. (Ryk Freek) Eloff en dié se vrou, Elsie Eloff-Kruger, in 1896 gekoop het en wat na hom genoem is.

Eloffsdal
Eloffsdal is in Gauteng
Eloffsdal
Eloffsdal
 Eloffsdal se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°39′40″S 28°11′33″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Tshwane
HoofplekPretoria
Oppervlak
  Totaal0,79 km2 (0,31 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal2 663
  Digtheid3 371/km2 (8 730/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense79,3%
  Indiërs/Asiërs0,8%
  Bruin mense1,9%
  Swart mense17,3%
  Ander0,7%
Taal (2011)
  Afrikaans 74,2%
  Engels 10,8%
  Noord-Sotho 4,6%
  Tswana 2,3%
  Ander 8,1%

NG Gemeente

Eloffsdal se kerkgebou

Die die NG gemeente Mootvallei het op 1 September 2011[2] ontstaan uit die gemeentes Eloffsdal-Wes, Magaliesfort en Eloffsdal. Die kerkgebou (foto links) van laasgenoemde gemeente by Voortrekkerweg 619, Gezina, is reeds jare vantevore vervang deur 'n siersteengebou in die Neo-Bisantynse boustyl op die hoek van Klesserlaan en Fred Nicholsonstraat, Mayville.

Sien ook

Bronne

Verwysings


Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.