Elliptiese sterrestelsel
’n Elliptiese sterrestelsel is ’n sterrestelsel wat min of meer ovaalvormig is. Hulle het ’n egalige voorkoms wat helderheid betref. Dit is een van die drie hoofklasse sterrestelsels wat oorspronklik deur Edwin Hubble beskryf is in sy 1936-werk The Realm of the Nebulae,[1] saam met spiraal- en lensvormige sterrestelsels.
Eienskappe
Die stelsels se vorms wissel van byna ovaalvormig tot baie plat, en die hoeveelheid sterre in hulle van tienmiljoene tot meer as ’n biljoen. Hubble het aanvanklik opgemerk dat elliptiese stelsels dalk eindelik spiraalstelsels word, maar dit is later verkeerd bewys.[2] Sterre in elliptiese stelsels is baie ouer as dié in spiraalstelsels.[2]
Die meeste elliptiese sterrestelsels bestaan uit populasie II-sterre – ou, rooi sterre met min metale – en het dus ’n rooi kleur. Hulle het min interstellêre materiaal en minimale stervorming, en word dikwels omring deur groot getalle bolswerms.[3] Hulle maak sowat 10–15% van die stelsels in die Virgo-superswerm uit, maar is nie die oorheersende soort sterrestelsel in die heelal nie.[4]
Die dinamiese eienskappe van elliptiese stelsels en dié van die bol van spiraal- en lensvormige sterrestelsels stem ooreen,[5] en dit dui daarop dat hulle deur dieselfde fisiese prosesse gevorm word, hoewel dié mening omstrede is. Elliptiese dwergsterrestelsels se eienskappe wissel tussen dié van gewone elliptiese stelsels en dié van bolswerms. Sferoïdale dwergsterrestelsels lyk soos ’n aparte klas: hul eienskappe stem meer ooreen met dié van onreëlmatige en spiraalstelsels.
Benewens die Hubble-klasse, ná gE (elliptiese reuse), is ’n klas D en cD. Hulle stem ooreen met die kleiner stelsels, maar is meer uitgesprei en het groter halo's. Sommige lyk selfs meer soos lensvormige sterrestelsels.
Daar word geglo alle helder elliptiese stelsels het ’n supermassiewe swartkolk in hul kern, en dat die grootte daarvan afhang van die groote van die sterrestelsel.
Voorbeelde
- Messier 32
- Messier 49
- Messier 59
- Messier 60 (NGC 4649)
- Messier 87 (NGC 4486)
- Messier 89
- Messier 105 (NGC 3379)
- Maffei 1, die naaste elliptiese reus.
- Centaurus A (NGC 5128).
Verwysings
- Hubble, E.P. (1936). The realm of the nebulae. Mrs. Hepsa Ely Silliman memorial lectures, 25. New Haven: Yale University Press. ISBN 978-0-300-02500-2. OCLC 611263346. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2023. Besoek op 3 November 2015.
{{cite book}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - Binney, J. (1998). Galactic Astronomy. Princeton: Princeton University Press. ISBN 978-0-691-02565-0. OCLC 39108765.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp) - Loveday, J. (1996). "The APM Bright Galaxy Catalogue". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 278 (4): 1025–1048. arXiv:astro-ph/9603040. Bibcode:1996MNRAS.278.1025L.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|month=
geïgnoreer (hulp) - Merritt, D. (Februarie 1999). "Elliptical galaxy dynamics". The Astronomical Journal. 756 (756): 129–168. arXiv:astro-ph/9810371. Bibcode:1999PASP..111..129M. doi:10.1086/316307.
Eksterne skakels
- SEDS: Elliptical Galaxies Geargiveer 9 Augustus 2006 op Wayback Machine
- Elliptical Galaxies
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elliptiese sterrestelsel.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia