Elliot M. See jr.
Elliot McKay See jr. (23 Julie 1927 – 28 Februarie 1966) was 'n Amerikaanse ingenieur, Amerikaanse Vlootvlieënier, toetsvlieënier en NASA-ruimtevaarder. Hy was deel van die Ruimtevaardergroep 2-inname. Hy was gekies as die hoofvlieënier van Gemini 9, wat sy eerste vlug sou gewees het. Hy sterf egter in 1966 saam met sy medevlieënier, Charles Bassett, in 'n NASA opleidingsvliegtuig by die McDonnell vliegtuigfabriek in St. Louis, Missouri. Hulle moes twee weke se opleiding in ruimtetuig rendezvous hier ondergaan.
Elliot See | |
---|---|
![]() Elliot See in 1964 | |
Gebore | Elliot McKay See jr. 23 Julie 1927 |
Sterf | 28 Februarie 1966 (op 38) |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Ruimtevaarder |
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elliot M. See jr..
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.