Elland Road
Elland Road is ’n sokkerstadion in Leeds, Engeland, met sitplek vir 37 914 mense. Dit is sedert die stigting van Leeds United AFC in 1919 die tuisveld van dié klub en is voor 1919 gebruik vir wedstryde van Leeds City FC.[3]
Elland Road | ||
Bynaam | Ou Peacock-gronde[1] | |
---|---|---|
Volle naam | Elland Road Voetbalstadion | |
Ligging | Leeds, Engeland | |
Koördinate | 53°46′40″N 1°34′20″W | |
Eienaar | Teak Handelskorporasie | |
Operateur | Leeds United AFC | |
Kapasiteit | 37 914[2] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1897[1] | |
Geopen | 1897[1] | |
Renovasie | 1920’s, 1953, 1971, 1994, 2006, 2011-2012 | |
Uitgebrei | 1905, 1920’s, 1957, 1968, 1970, 1974, 1989, 1991, 1994 | |
Huurders | ||
Leeds City FC (1904–1919) Leeds United (1919–huidig) Huddersfield Town F.C. (1950) Hunslet Hawks (middel 1980’s) Bradfors City FC (1985) |
Die stadion is die twaalfde grootste sokkerstadion in Engeland en die tweede grootste buite die Premier League.
Die stadion was as neutrale venue die gasheer vir halfeindstryde van die FA-beker asook internasionale wedstryde van Engeland[4] en is gekies as een van agte stadions vir Euro 96.[5] Elland Road was vroeër die tuisvelg van Holbeck Rugbyklub en hoewel die stadion sedert die vroeue 20ste eeu hoofsaaklik vir sokkerwedstryde aangewend is, is dit vir ’n paar seisoene in die middel 1980’s deur die Hunslet Hawks, ’n ligarugbyspan, gebruik.[6] Die stadion het konserte van onder andere Queen, U2, Happy Mondays en meer onlangs die Kaiser Chiefs en Rod Stewart aangebied.[7][8][9][10]
Elland Road bestaan uit vier hoofpaviljoene – die Reviepaviljoen, die Oos-paviljoen, die Suid-paviljoen en die John Charles-paviljoen wat die kapasiteit saam met die hoeke op 37 914 te staan bring.[11] Die grootste skare wat al op Elland Road was, was op 15 Maart 1967 toe 57 892 mense ’n herhaling van die 5de rondte-wedstryd tussen Sunderland en Leeds United gekyk het.[3] Dit was voordat die stadion slegs sitplek gehad het (soos bepaal in die Taylor-verslag). Die moderne rekord is 40 287 vir ’n Premierskapwedstryd tussen Leeds United en Newcastle United op 22 Desember 2001.[12]
Fotogalery
- Elland Road se binnekant
- 1999–2000 UEFA Cup-wedstryd tussen Galatasaray en Leeds United
Wedstryde
UEFA Europa-beker 1996
- Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 1996.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
9 Junie 1996 | 14:30 | Spanje | 1–1 | Bulgarye | Groep B | 24 006 |
15 Junie 1996 | 18:00 | Frankryk | 1–1 | Spanje | Groep B | 35 626 |
18 Junie 1996 | 16:30 | Roemenië | 1–2 | Spanje | Groep B | 32 719 |
Rugby League toetswedstryde
Toets# | Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Toeskouers | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | 19 Januarie 1921 | Engeland | 35–9 | Wallis | 13 000 | |
2 | 30 November 1932 | Engeland | 14–13 | Wallis | 4 000 | |
3 | 11 November 1950 | Engeland | 14–9 | Frankryk | 22 000 | 1950–51 Europese kampioenskap |
4 | 15 November 1980 | Groot-Brittanje | 10–2 | Nieu-Seeland | 8 210 | |
5 | 19 Oktober 1985 | Nieu-Seeland | 24–22 | Groot-Brittanje | 12 591 | |
6 | 8 November 1986 | Australië | 34–4 | Groot-Brittanje | 30 808 | 1986 As-reeks |
7 | 28 Oktober 1989 | Groot-Brittanje | 26–6 | Nieu-Seeland | 13 000 | |
8 | 24 November 1990 | Australië | 14–0 | Groot-Brittanje | 32 500 | 1989–1992 Wêreldbeker 1990 As-reeks |
9 | 20 November 1994 | Australië | 23–4 | Groot-Brittanje | 39 468 | 1994 As-reeks |
10 | 16 November 1997 | Australië | 37–20 | Groot-Brittanje | 39 337 | 1997 Superliga toetsreeks |
11 | 27 November 2004 | Australië | 44–4 | Groot-Brittanje | 39 120 | 2004 Drienasies-eindstryd |
12 | 27 November 2005 | Nieu-Seeland | 24–0 | Australië | 26 534 | 2005 Drienasies-eindstryd |
13 | 14 November 2009 | Australië | 46–16 | Engeland | 31 042 | 2009 Viernasies-eindstryd |
14 | 19 November 2011 | Australië | 30–8 | Engeland | 34 147 | 2011 Viernasies-eindstryd |
Rugbywêreldbeker 2015
- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2015.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
26 September 2015 | 14:30 | Italië | 23–18 | Kanada | Groep D | 33 120 |
27 September 2015 | 14:30 | Skotland | 39–16 | Verenigde State | Groep B | 33 521 |
Verwysings
- "Elland Road – Inligting". wafll.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 April 2008.
- (en) Elland Road Kapasiteit - Die Voetballiga Geargiveer 26 April 2013 op Wayback Machine
- "Leeds United – Rekords, Prestasies & Goedjies". wafll.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2019. Besoek op 3 April 2008.
- "Elland Road wink vir Engeland". BBC Sport (in Engels). 13 Maart 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2009. Besoek op 3 April 2008.
- "Wat kommentators oor Euro 96 te sê gehad het". This Is Lancashire (in Engels). 14 Junie 1996. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2009. Besoek op 3 April 2008.
- "Oor die Hawks". This Is Lancashire (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2007. Besoek op 3 April 2008.
- "Rewind: music". BBC (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019. Besoek op 3 April 2008.
- "U2 Vertigo Tour 2005/2006". U2-vertigo-tour.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2009. Besoek op 3 April 2008.
- (en) "Happy Mondays – Questions, Answers, Fun Facts, Information". funtrivia.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2011. Besoek op 3 April 2008.
- "Kaiser Chiefs plan homecoming gig". BBC News (in Engels). 3 Desember 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op 29 Mei 2008.
- (en) The Football League - Leeds United Geargiveer 26 April 2013 op Wayback Machine
- (en) "Leeds United". footballgroundguide.co.uk. 6 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2012. Besoek op 11 Mei 2013.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elland Road.