Elizabeth Gaskell

Elizabeth Cleghorn Gaskell, née Stevenson (* 29 September 1810, † 12 November 1865), na wie dikwels net as Mrs Gaskell verwys word, was 'n Victoriaanse Britse roman- en kortverhaalskryfster. Haar romans gee 'n gedetailleerde beskrywing van die lewensomstandighede van baie lae van die destydse samelewing, waaronder die armste dele van die bevolking, en is sodoende van groot belang vir sowel sosiale historici asook literatuurliefhebbers.



Elizabeth Gaskell

Engelse roman- en kortverhaalskryfster


Gebore

29 September 1810
in Chelsea, Londen, Engeland


Oorlede

12 November 1865
in Holybourne, Hampshire, Engeland


Literêre stroming

Victoriaanse literatuur


Bekende werke

The Life of Charlotte Brontë


Eggenoot

William Gaskell

Gaskell staan daarnaas bekend vir die eerste biografie oor Charlotte Brontë, The Life of Charlotte Bronte, wat in 1857 gepubliseer is.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.