Eliza Scanlen

Eliza Jane Scanlen (geb. 6 Januarie 1999) is 'n Australiese aktrise. Sy het prominent geword deur Tabitha Ford in die Australiese sepie Home and Away (2016) te vertolk, voordat sy lof ontvang het vir die rol van 'n moeilike tiener in die HBO-minireeks Sharp Objects (2018). In 2022 het sy as jong Eleanor Roosevelt in die Showtime-reeks The First Lady vertolk.[1]

Eliza Scanlen
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Eliza Jane Scanlen
Geboorte 6 Januarie 1999 (1999-01-06)
Nasionaliteit Australies
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 2015-hede
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sy het haar rolprentdebuut in 2019 gemaak, met hoofrolle in die drama Babyteeth en Greta Gerwig se tydperkdrama Little Women.

Filmografie

Rolprente

  • 2019 : Babyteeth : Milla Finlay
  • 2019 : Little Women : Elizabeth "Beth" March
  • 2020 : The Devil All the Time : Lenora Laferty
  • 2021 : Old : Kara (15 jaar oud)

Televisie

  • 2016 : Home and Away : Tabitha Ford
  • 2018 : Sharp Objects : Amma Crellin
  • 2021 : Fires : Tash
  • 2022 : The First Lady : Eleanor Roosevelt (jonk)

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.