Elektronneutrino

Die elektronneutrino of elektron-neutrino is ’n elementêre lepton wat geen netto elektriese lading het nie. Saam met die elektron vorm dit die eerste generasie van leptone, vandaar sy naam. Dit is in 1956 ontdek.

Elektronneutrino
Die elektronneutrino se plek in die Standaardmodel (links onder).
Die elektronneutrino se plek in die Standaardmodel (links onder).
SamestellingElementêre deeltjie
StatistiekFermionies
GroepLeptone
GenerasieEerste
WisselwerkingSwak, swaartekrag
Simboolνe
AntideeltjieElektron-antineutrino (νe)
GeteoretiseerWolfgang Pauli (1930)
OntdekClyde Cowan, Frederick Reines (1956)
MassaKlein, maar nie nul nie
(sien neutrino)
Elektriese lading0 e
KleurladingGeen
Spin1/2
Swak isospin1/2
Swak hiperlading-1
ChiraliteitLinkshandig

Soos alle elementêre deeltjies het die elektronneutrino ’n antideeltjie, die elektron-antineutrino, waarvan sommige eienskappe dieselfde magnitude maar ’n teenoorgestelde teken het.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.