Elberfeld
Elberfeld was tot met die vereniging daarvan met vier ander nedersettings, onder meer Barmen waar die hoofkantoor van die Rynse Sendinggenootskap was, as die huidige Wuppertal op 1 Augustus 1929 ’n stad in die ooste van die Rynland, Duitsland. Sedertdien is Elberfeld ’n stadsdeel van Wuppertal wat bestaan uit die voorstede Elberfeld, Elberfeld-Wes en Uellendahl-Katernberg. Sedert 1975 omvat hierdie stadsdeel ook enkele gebiede van die voormalige stad Neviges.
![](../I/Elberfeld_1899.jpg.webp)
Elberfeld in 1899.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.